Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Stern-werk behaal meer as R10 m. op veiling
Irma Stern se olieverfskildery Watussi Woman with Mountains (1946) het R10,24 miljoen op Maandagaand se Strauss & Co-veiling in Kaapstad behaal.

Irma Stern se olieverfskildery Watussi Woman with Mountains (1946) het R10 242 000 op Maandagaand se Strauss & Co-veiling in Kaapstad behaal.

Op dié lenteveiling van die afslaer is 688 items verkoop en die totale inkomste van die veiling beloop R55 miljoen.

Drie wêreldrekords is vir die kunstenaars Walter Meyer, Neil Rodger en Judith Mason opgestel.

J.H. Pierneef se landskap Gold & Green, Rooiplaat, N.T. is vir R2,7 miljoen opgeveil. Mason en Rodger se werke het vir R432 440 elk verkoop, wat vir al drie die kunstenaars ’n rekord is.

Stern se Still Life with Gladioli and Fruit het vir R2,62 miljoen verkoop.

Strauss & Co se volgende veiling is in Johannesburg op 11 November om 19:00. Dit het ’n Paryse tema en onder die werke wat opgeveil gaan word, is dié van Alexis Preller, William Kentridge en Penny Siopis wat elk ’n tydperk in die Franse hoofstad deurgebring het.

Hul volgende Saterdag-veiling is op 19 Oktober.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.