Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Studiebeurse vir kuns, museum-bestuur hier beskikbaar

Die departement van sport, kuns en kultuur het studiebeurse beskikbaar gestel aan uitstaande Suid-Afrikaanse studente wat ’n studierigting verwant aan erfenis najaag.

Luidens ’n mediaverklaring sluit dié studierigtings onder meer antropologie, argeologie, argiefbestuur, die behoud en bewaring van kuns en ander voorwerpe, die bestuur van kulturele versamelings, enige kursus wat fokus op die bewaring en bevordering van inheemse inligtingstelsels of Suid-Afrikaanse erfenis, erfenishulpbronbestuur, geskiedenis, inligtingkunde met ’n fokus op argiefbestuur, kunsgeskiedenis en visuele kuns, en museumbestuur en -kuratorskap in.

Slegs kursusse wat deur die Suid-Afrikaanse kwalifikasie-owerheid (Saqa) erken word, kom vir die beurse in aanmerking.

Die omvattende beurs sluit al die beursontvanger se studie- en boekegelde in, asook R50 000 vir verblyf en R18 500 vir maaltye. Die beurs word direk aan die beursontvanger se instelling van hoër onderwys betaal.

Belangstellendes moet deur hul instelling van hoër onderwys aansoek doen – ’n universiteit, byvoorbeeld, moet die aansoek dus namens die aansoeker indien.

Aansoeke moet Reinette Stander, adjunkhoof van internasionale konvensies en wetgewing in die departement, of Maano Muhadi, adjunkhoof van erfenisbeleid, -navorsing en -ontwikkeling, voor of op 30 Maart bereik. Stuur ’n e-pos na reinettes@dsac.gov.za of maanom@dsac.gov.za.

Navrae kan ook aan Stander of Muhadi gerig word deur ’n e-pos te stuur of onderskeidelik 012 441 3711 of 012 441 3622 te skakel.

Meer oor:  Kuratorskap  |  Geskiedenis  |  Kuns  |  Museum  |  Museums  |  Visuele Kuns  |  Erfenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.