SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Kuns
SUT-student wen 1ste prys in New Breed-kompetisie
Die wenners van vanjaar se New Breed-kompetisie by die wenwerk. Van links is Nkululeko Nkebe (wenner), Katlego Mogoera (naaswenner en die publiek se gunsteling), Petra Schutte en Xola Sello (meriete eerbewyse). Foto: Lientjie Mentz

’n Visueel treffende werk wat jong mense se stryd om opvoeding in pen op papier uitbeeld, het aan Nkululeko Nkebe die eerste prys in vanjaar se New Breed-kompetisie besorg.

Dié kunsstudent aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) het R50 000 ontvang vir Youth Slaves to education in Phatshoane Henney-prokureurs se kompetisie vir visuele kunstenaars in die Vrystaat.

Katlego Mogoera is twee keer na die podium geroep, om R20 000 as naaswenner te ontvang en as die publiek se keuse waarvoor sy nog R10 000 in haar sak kon steek.

’n Swart-wit foto getitel Girl balancing cigarette on lips het verreweg die meeste stemme van die publiek gekry en ook die beoordelaars beïndruk.

Petra Schutte en Xola Sello het as merietewenners elkeen R10 000 ontvang.

Schutte se werk, Expiration of my environment in ink, pastel en potlood, verbeeld die uitwerking wat die toename in afval op die omgewing het.

Sello het pen en pastel op papier gebruik vir My economy, ’n vierluik wat die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie uitbeeld.

Die beoordelaars het die wenwerke uit 54 kunsstukke deur 45 finaliste gekies. Dit kan nog tot 25 November in die Oliewenhuis-kunsmuseum besigtig word.

Die beoordelaars van die derde New Breed-kompetisie is

Same Mdluli, bestuurder van die Standard Bank-kunsgalery in Johannesburg, Pauline Gutter, bekroonde kunstenaar van Bloemfontein, die Johannesburgse kunstenaar Lawrence Lemaoana en Karen Brusch, vorige direkteur van die MOMO-galery in Johannesburg.

Meer oor:  Nkululeko Nkebe  |  New Breed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.