Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Sweedse ambassade bring kunstenaars aanlyn byeen
Cecilia Julin, Swede se ambassadeur in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

Die Sweedse ambassade in Pretoria het ’n aanlyn bymekaarkomplek vir Suid-Afrikaanse en Sweedse kunstenaars geskep sodat hulle saam oor die impak van die Covid-19-pandemie op die kunste kan besin en mekaar kan ondersteun.

Sweden-South Africa Live Connection: Digitally Yours is in samewerking met Hear My Voice, ’n Suid-Afrikaanse organisasie sonder winsbejag, geloods.

Benewens ’n openingsgesprek, wat reeds Saterdag aangebied is, bestaan die projek uit nog vier gesprekke wat deur verskillende op- en uitvoerings aangevul sal word.

Dit sal tussen Donderdag en 2 Mei op die ambassade se Facebook-blad en Hear My Voice se Facebook-blad gestroom word.

Cecilia Julin, Swede se ambassadeur in Suid-Afrika, sê in ’n mediaverklaring met dié projek neem hulle ’n “groot stap in die digitale era in”.

“Covid-19 gee ons genoeg redes om digitale oplossings vir interaksie en sosialisering te verken,” sê sy. “Ek sien uit daarna om jou aanlyn te sien!”

Die gesprek Donderdag om 19:00 (Suid-Afrikaanse tyd) gaan op die letterkunde fokus. Die radiopersoonlikheid Phemelo Motene gaan die gesprek tussen Anders Teglund (TEG Publishing), Ashleigh Harris (Uppsala-universiteit), Vangile Gantsho (Impepho Press), die outeur Masande Ntshanga en prof. James Ogude (Universiteit van Pretoria) lei. Die sanger Msaki gaan ook optree.

Rosanela Selebi, ’n woordvoerder van die ambassade, het aan Netwerk24 gesê die sprekers en gaskunstenaars vir die gesprekke oor volhoubare mode op 18 April, gesproke digkuns op 25 April, en virtuele musiekkonserte op 2 Mei – ook alles om 19:00 (Suid-Afrikaanse tyd) – is nog nie almal bevestig nie.

“Die modeontwerper Sindiso Khumalo, die organisasie Rewoven, wat materiaal en tekstiele herwin, en die ontwerper Annegret Affolderbach sal wel aan die gesprek oor volhoubare mode deelneem,” sê sy.

“Die digters Siphokazi Jonas, Tory Saint en Nino Mick is reeds vir die gesprek oor gesproke digkuns bevestig, en Jess White, Maria McCloy, Tubatsi Moloi en Mbali Vilakazi sal aan die laaste gesprek deelneem.”

Sy sê die ambassade sal die lys met bevestigde sprekers op sy Facebook-blad publiseer.

Meer oor:  Musiek  |  Kunste  |  Covid-19-Pandemie  |  Letterkunde  |  Vermaak  |  Covid-19  |  Mode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.