Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Turbine-kunsmark virtueel aangebied
Nomfundo Mkhize, ‘Hallat Nge Ntombi’-reeks, 2017. Foto: Verskaf deur Berman Contemporary

Kunsliefhebbers, wat jaarliks na die Turbine Art Fair in Johannesburg stroom, sal nou tuis met net die klik van hul muis die kunsmark kan besoek.

Die RMB Turbine Art Fair (RMB TAF) wat elke Augustusmaand aangebied word, geskied vanjaar virtueel. Dit is die agtste mark en afstel was volgens die bestuurders nie ’n opsie nie.

Die mark, wat uitstallers van oral in Suid-Afrika byeenbring om hul kuns te vertoon, te verkoop of net om kuns saam met ander kunsliefhebbers te vier, word as die plek beskou om kennis te maak met opkomende plaaslike kunstenaars, maar ook weer vertroud te raak met gevestigde kunstenaars se uitset en nuwe werk.

Die virtuele mark vind van 27 Augustus tot 2 September plaas. Volgens Glynis Hyslop, stigter van die mark, is dit juis noodsaaklik om voort te gaan daarmee, al geld inperking rondom die Covid-19-pandemie en is die mark nie moontlik in sy normale baadjie nie. “ ’n Mark is juis nou belangrik as ondersteuning en platform vir galerye en kunstenaars.”

Jake Michael Singer, ‘The great square’, 2019. Foto: Verskaf deur THK- galery

Galerye kan dus steeds hul kunstenaars se werk ten toon stel en munt slaan uit die bemarkingsmoontlikhede van die mark. Hyslop glo dat die galerye en kunstenaars nie net nasionale aandag sal kan geniet nie, maar moontlik ook internasionale belangstelling omdat dit aanlyn geskied.

“Ons glo daar is nie ’n beter tyd as juis nou vir versamelaars om kunstenaars aktief te ondersteun nie. Ons steun opkomende kunstenaars deur hul werk aan die begin van hul loopbaan hier bekend te stel.”

Sy benadruk dat dit noodsaaklik is om die kuns-ekostelsel aan die gang te hou in die tyd van Covid-19. Die beplande kunspraatjies en virtuele rondleidings gaan ook voort. Dit word geborg deur RMB Private Bank.

Elke galery het sy eie virtuele kamer waar werke besigtig kan word. Daar is bykomende inligting wat interaktief ontsluit kan word soos profiele oor die kunstenaars asook videomateriaal. Besoek https://www.turbineartfair.co.za/

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.