Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Uitstalling het ontstaan uit Genesis

Die kunsuitstalling A New Nature oor die natuur en die mens se invloed daarop, het danksy die boek Genesis in die Bybel begin.

Burning Bush deur Sarel Greyling.

“Genesis was die vertrekpunt omdat ons iets oor die skepping wou doen,” sê Derika Volpi oor die uitstalling wat sy saam met Sarel Greyling en Paula Dubois vanaf 25 Augustus in die Tina Skukan-galery in Pretoria aanbied.

Splendor of Creation deur Derika Volpi.

“Dit gaan vir eers oor liefde vir die natuur, maar ons kyk ook na die verskillende maniere waarop die mens en die natuur om verlossing pleit.”

Sway 2 deur Paula Dubois.

Volpi, Greyling en Dubois, wat saam inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria (UP) studeer het, sal tydens die opening met mekaar in gesprek tree.

“Die natuur is wonderlik,” sê Volpi, “maar daar is groot besoedeling. Baie plastiek. Nou leef ons met al hierdie kennis en hoe hanteer ’n mens dit?”

Hulle werk met verskillende media wat skilder met klei en ink op doek insluit.

“Ons is al drie lief vir die natuur; dit wat God daargestel het vir ons om te geniet. Ons stap sedert die begin van die jaar ’n pad met hierdie uitstalling. Ons elkeen se persoonlike verhouding met die Skepper en Bybelverse het verder aan die uitstalling gestalte gegee.”

Die uitstalling sinspeel ook op Kolossense 3:10 wat in Engels lui: “Put on your new nature and be renewed as you learn to know your Creator and become like him.”

Die titel het ontstaan soos wat hulle aan die uitstalling gewerk het.

Die verskillende werke tree ook in gesprek met mekaar omdat al drie kunstenaars verskillende benaderings het.

Tydens die opening sal die kunstenaars meer oor hul persoonlike reise met die uitstalling en die natuur uitwei.

Daar word sowat 80 kunswerke tot 18 September uitgestal.

* Die uitstalling open op 25 Augustus om 11:30.

* ’n Rondleiding word op 30 Augustus om 10:30 deur Volpi aangebied.

* Galery-ure: Dinsdae tot Vrydae van 09:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 16:00.

Bel 012 991 1733 of stuur ’n e-pos aan rex@tinaskukangallery.co.za vir meer inligting.

* Die adres: Plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen, Pretoria.

Meer oor:  Tina Skukan-Galery  |  Kuns  |  Visuele Kuns  |  Kunsuitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.