Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Uitstalling in Oliewenhuis vier Jeugmaand

’n “Klein uitstalling” van werke saamgestel uit die permanente versameling van die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein vier Jeugmaand en het ook ten doel om die aandag op die Vrystaatse Jong Kunstenaarskompetisie te vestig.

Van die kunswerke wat ter viering van Jeugmaand tot 1 Augustus in die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein besigtig kan word. Foto: Verskaf

Die tema vir die kompetisie, aangebied deur die Nasionale Museum in die stad, is “Restoring Damaged Ecosystems”.

Jong kunstenaars hoef nie werke in afsondering te skep nie. Hulle is welkom om onder leiding van kundiges in die inspirerende ruimte van die Oliewenhuis-kunsmuseum te teken of skilder. Tekentoerusting word boonop verskaf.

Luidens ’n mediaverklaring is die gedagte agter die kompetisie én uitstalling om by jong mense ’n begrip vir die skoonheid van die natuur te kweek. Dit sal hulle ook bewus maak van die vier belangrike natuur-elemente wat vroeë Griekse filosowe reeds verkondig het, naamlik grond, lug, vuur en water.

Die uitstalling uit die permanente versameling bevat juis werke wat dié elemente in verskeie style en mediums uitbeeld – van klassieke landskappe tot kontemporêre beelde.

Ester le Roux, die kurator van Oliewenhuis, sê besoekers moet veral uitkyk vir die klipwerk Animal Bowl deur Gordon Mbatha, Endangered Pools (olie op doek) deur Nhlanhla Xaba en Sea and Sail, ’n “lieflike abstrakte seeskap” wat Leon de Blique met tempera op hout verewig het.

Daar is ook twee beeldhouwerke van vlakvarke – My Children, My Children, wat die bekende Lucas Sithole uit msimbithi-hout gekerf het, en Jacques Fuller se Vlakvark, waarvoor hy staal en koper gebruik het.

Van Marion Arnold is twee kleurryke werke, The Furniture of Our Minds en Things Have Broken Free from Their Names, te sien.

Jong kunstenaars wat hul kuns onder toesig van kundiges in Oliewenhuis wil skep, moet by olwh@nasmus.co.za of 051 0110 525 (uitbreiding 200) bespreek.

Inligting oor die kompetisie verskyn op die webtuiste https://nasmus.co.za/free-state-young-artists-awards-competition-2021/.

  • Die Jeugmaand-uitstalling kan nog tot 1 Augustus in Oliewenhuis besigtig word.
Meer oor:  Lucas Sithole  |  Visuele Kuns  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.