Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
UP omskep kuns in gratis aanlyn legkaarte

Legkaartgeesdriftiges wat weens die staat van inperking al elke legkaart in hul huis kafgedraf het, kan hulle gerus wend tot die internet, waar ’n legkaart-uitdaging van ’n ander aard wag.

Sal jy dié legkaart van Leonard Matsoso se The Sacrifice (1988) kan bou? Foto: Verskaf

Die bestuur van museums aan die Universiteit van Pretoria (UP Museums) én die Javett-kunssentrum aan dieselfde universiteit het van die items en kunswerke in hul onderskeie versamelings in legkaarte omskep wat gratis aanlyn gebou kan word.

Dié stap is nie net gedoen om nóg vermaak aan jonk en oud tydens die staat van inperking te verskaf nie, maar ook om Wêreldmuseumdag op 18 Mei te vier.

Dr. Sian Tiley-Nel, hoof van UP Museums, het in ’n verklaring gesê aanlyn kunslegkaarte is ’n tendens wat wêreldwyd in museums en galerye vlamvat.

“Ons het dit as gepas beskou om ook ons gunsteling-items in aanlyn legkaarte te omskep en ons eie ongelooflike museums en versamelings daardeur te gedenk,” sê Tiley-Nel.

UP Museums het sewe kunswerke – insluitende Gold Rhino Figurine (1220-1250) en ’n foto van die Mapungubwe-heuwel (1933) – in aanlyn legkaarte omskep.

Dié legkaarte, wat almal uit tussen 10 en 40 legkaartstukke bestaan, kan gratis by https://www.up.ac.za/museums-collections/article/2893814/online-puzzles gebou en aanmekaargesit word.

Javett-UP het vier bykomende kunslegkaarte op http://www.javettup.art/pages/online-puzzles geplaas. Dié legkaarte, wat tussen 12 en 42 stukke het, sluit onder meer in Irma Stern se “Arab Priest” (1945) en Alexis Preller se Red Angel (1971).

UP Museums en die Javett-UP is albei weens die nasionale inperking gesluit. Al die werke wat in legkaarte omskep is, kan besigtig word sodra hul deure weer oopswaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.