Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Van Gogh-skildery uit galery in Nederland gesteel

’n Skildery ter waarde van £5 miljoen deur die Nederlandse skilder Vincent van Gogh is uit die Singer Laren-galery in Nederland gesteel.

‘Lentetuin’ deur Vincent van Gogh.

Diewe het Maandag omstreeks 03:15 by die galery ingebreek wat weens die Covid-19-pandemie gesluit is.

Die galery se alarm het afgegaan, maar die diewe was reeds weg toe die polisie op die toneel aankom.

Die skildery Lentetuin (Parsonage Garden), wat die pastorietuin in Nuenen in die lente van 1884 uitbeeld, is die enigste kunswerk wat gesteel is.

Die Groninger-museum het die skildery aan die Singer Laren-galery geleen.

Evert van Os, algemene direkteur van die instelling wat die Amerikaanse egpaar William en Anna Singer se versameling huisves, is “kwaad, geskok en hartseer” oor die diefstal.

Dit is die enigste Van Gogh-skildery wat die Groninger-museum besit.

“Ons is geskok deur hierdie nuus,” lui ’n verklaring deur die museum.

“Die ondersoek is in volle gang en niks meer kan daaroor gesê word nie weens die polisieondersoek.”

Skilderye deur Van Gogh is al voorheen in Nederland gesteel.

In 1991 het booswigte met 20 kunswerke uit die Van Gogh-museum laat spaander, wat sowat $500 miljoen werd was.

Die Italiaanse polisie het in 2016 twee Van Gogh-skilderye in ’n huis in die suide van Napels herwin, wat in 2002 uit die Van Gogh-museum gesteel is.

Die huis het na bewering aan ’n dwelmsmokkelaar behoort.

Maandag was toevallig Van Gogh se verjaardag. Hy is in 1853 gebore.

Meer oor:  Inbraak  |  Covid-19  |  Skildery  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.