Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Van Wouw en Pierneef se skilderye haal toppryse
’n Bronsbeeld van twee terneergedrukte Boeresoldate deur Anton van Wouw. Foto’s: Verskaf

Kunswerke van twee van Suid-Afrika se bekendste skilders, Anton van Wouw en Pierneef, het vandeesweek die toppryse op ’n virtuele veiling behaal.

Afsonderlike bieërs het R5,1 miljoen elk betaal vir Slegte Nuus, ’n bronsbeeld van twee terneergedrukte Boeresoldate van Van Wouw, en dieselfde bedrag vir Pierneef se olieverfskildery Kremetartboom wat uit 1952 dateer.

Ander werke van Pierneef was ook gesog. Olifantkasteel, Selatirivier, Phalaborwa van 1945 is vir R2,85 miljoen en Vissersbote by Houtbaai vir R2,5 miljoen verkoop.

’n Maggie Laubser-skildery, Shepherd and Sheep, het ook goed gevaar en is vir R1,6 miljoen opgeveil.

Al ses werke van die kontemporêre kunstenaar William Kentridge op die veiling is verkoop. Sy ets, Head, het die hoogste prys van R1,25 gehaal.

Dié olieverfskildery deur Pierneef is van kremetartbome buite Phalaborwa.

Geskiedkundige werke van Jean Welz, Matisse’s Model, en Tretchikoff, Poinsettia and Lilies, het saam byna R1 miljoen behaal – R409 680 is vir die Welz en R455 200 vir die Tretchikoff betaal.

Christo Coetzee se Bolandse Bruid, wat hy twee jaar voor sy dood in 2000 voltooi het, is vir R432 440 van die hand gesit.

Dié eerste veiling vanjaar deur Strauss & Co word gevolg deur ’n aanlyn veiling wat van 26 April tot 3 Mei plaasvind. Drukkuns deur die Namibiese kunstenaar John Muafangejo uit die Orde Levinson-versameling sal opgeveil word. – Elretha Britz

Meer oor:  Veiling  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.