Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Vlak 3-inperkings en die kunste: Hier gaan ons al weer

Konsertgangers, teaterliefhebbers en fliekvrate sal tydens die vlak 3-inperkings ’n gevoel van déjà-vu ervaar.

Hierdie inperkings wat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand afgekondig het, is die soveelste terugslag sedert Maart verlede jaar vir die sukkelende kunstebedryf.

Dié inperkings, wat om 00:01 op Jeugdag in werking getree het, sluit onder meer in dat rolprent- en ander teaters, museums, galerye, argiewe, enige venues waar veilings aangebied word, asook enige plekke waar kulturele gebeurtenisse gehou word om 21:00 moet sluit.

Daarby word die getal mense wat in dié lokale toegelaat word, beperk. Luidens die Staatskoerant mag slegs 50 mense binnenshuis en tot 100 mense buite byeenkom. As enige lokaal, soos ’n teater of museum, te klein is om 50 mense binnenshuis of 100 mense buite minstens 1,5 m van mekaar af te akkommodeer, mag dit slegs 50% vol wees.

Dit is veral dié reël wat dit vir talle klein en onafhanklike teaters in Suid-Afrika onmoontlik maak om vertonings winsgewend aan te bied.

Netwerk24 het in die verlede reeds breedvoerig berig dat talle teaters, onder meer die Fugard-teater en die Courtyard Playhouse, albei in Kaapstad, moes sluit. Die Boer-restaurantteater in Durbanville en Theatre on the Square in Sandton is steeds toe, maar hoop om in die toekoms te heropen.

Ook Ster-Kinekor het in Januarie aangekondig dat hy weens die Covid-19-pandemie en die inperkings se kwaai uitwerking op die rolprentbedryf in vrywillige sakeredding geplaas is.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA ? MARCH 17: A general view
Die Fugard-teater op 17 Maart. Foto: Gallo Images
Dié foto van die Fugard-teater, wat weens die Covid-19-pandemie moes sluit, is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Facebook
Meer oor:  Fugard-Teater  |  Ster-Kinekor  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Strenger Inperkings  |  Cyril Ramaphosa  |  Jeugdag  |  Teater  |  Dans  |  Musiek  |  Fliek  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.