Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Vroue se kuns in Roelandstraat gewys

Die Iziko Museums gaan tot Augustus 2019 elke drie maande ’n uitstalling van ’n vrouekunstenaar se werk voor Orms Print Room in Roelandstraat aanbied.

Met The People’s Art-projek wil hulle die werk van vroulike kunstenaars wie se werk permanent in die Iziko- nasionale galery uitgestal word, toegankliker maak.

Thania Petersen

Die inisiatief het op Vrouedag begin en die eerste kunstenaar, Thania Petersen, se foto getiteld Location 4: District Six is tans te sien.

Die werkis deel van haar reeks I Am Royal waarin sy die historiese en kulturele kwessies van Kaapstad aanpak. Deur geselekteerde foto’s fokus sy op die gedwonge verskuiwings in 1950 asook die leë ruimtes wat steeds daar is. Vraagstukke oor gentrifikasie as ’n kontemporêre tendens in Kaapstad word ook belig met die fokus op plaaslike inwoners.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.