Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Vyf dekades se kuns belig
A Girl Meets her Spirit deur Helen Sebidi is te sien by die Norval-kunsinstituut in Steenberg.

Die kunstenaar Helen Sebidi word as een van Suid-Afrika se pionierkunstenaars beskou. Sy is bekend en gevierd om haar mitologiese ikonografie en die uitbeelding van haar tradisionele waardes en hulde aan haar voorvaders.

Kunsliefhebbers kan nou ’n omvattende tentoonstelling wat vyf dekades van haar werk ontsluit en van haar sleutelkunswerke insluit, besigtig in die Norval-stigting, Ou Kaapse Weg 1, Steenberg.

Batlhaping Ba Re! (Die Vismense Sê) sluit skilderye, etse en beeldhouwerke in waarin Sebidi digverweefde werke met talle betekenislae asook fantasmagoriese uitbeeldings van die menslike kondisie en lewe aanbied. Die Sebidi-familie identifiseer met die vis as geestelike uitbeelding en dit vind neerslag in haar werk.

Foto:

Sebidi besin oor die rol van diere in die mens se lewe en gee aan die diereryk ’n spirituele inslag. Kykers word uitgedaag om te besin oor hoe Sebidi diere aanwend om iets oor die mens te sê soos oor die strewe na individualiteit, die politiekery rondom die grondvraagstuk en die skepping.

Haar reusewerk, ’n altaarstuk in drie panele getiteld Who Are We and Where Are We Going?, wat sy oor vier jaar van 2004 tot 2008 geskep het, is hier te sien. Daarin verleen sy aan die lewe van mens en dier ’n diep geestelike betekenis. Haar gedagteprikkelende Tears of Africa, wat sy in 1987 geskilder het, is in haar eie versameling opgeneem en word nou ten toon gestel. Die kunstenaar se repliek daarop, Tears of Africa II, wat sy in 2016 geskep het – drie dekades daarna – word ook ten toon gestel.

Die kurator is Portia Malatjie.

Werke van pionierkunstenaars soos Gladys Mgudlandlu, Noria Mabasa, Jackson Hlungwane, Cyprian Shilakoe, Gerard Sekoto en Dumile Feni is opgeneem in die tentoonstelling Notes on Spectrality, Sorcery and the Spirit, wat tot 22 Oktober ook hier te sien is. Benewens uitstallings is daar ook ’n beeldetuin wat besigtig kan word.

Die Norval-stigting huisves die argief van Alexis Preller en die beeldhouer Edoardo Villa se versameling en tree op as bewaarder van die Gerard Sekoto-stigting.

Sebidi se uitstalling kan nog tot 24 Januarie 2019 besigtig word. Besoektye is Maandae van 10:00 tot 17:15, Woensdae van 08:00 tot 17:15, Donderdae en Vrydae van 10:00 tot 17:15, Saterdae van 10:00 tot 19:15, en Sondae van 10:00 tot 17:15. Toegang kos R160 en is gratis vir o.18’s.

Meer oor:  Steenberg  |  Kaapstad  |  Helen Sebidi  |  Norvall-Instituut  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.