Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Wenners van plaaslike kompetisie aangekondig

Die wenners van die jaarlikse New Now Next Emerging Artists-kunskompetisie is onlangs in die Galerie Noko-galery in Gqeberha (Port Elizabeth) aangewys.

Die Faku-familie-prys is by die openingsaand oorhandig aan Xanthe Jackson, wat die 2020-’21-kompetisie gewen het.

Xanthe Jackson het die 2020/21 New Now Next Emerging Artists-kunskompetisie in Gqeberha gewen. Sy kunswerkI Am Because We Are bestaan uit modder, koper-draad, staalkabel en optelgoed.

Sy abstrakte bydrae I Am Because We Are wat uit modder, koperdraad, staalkabel en optelgoed bestaan, simboliseer onder meer die weerloosheid van ’n individu, maar ook die krag van ’n groep mense in ’n gemeenskap.

Mzwakhekile Madayizana het die tweede plek behaal en ’n prys vir inisiatief vir sy bydraes ontvang. Die kunstenaar Sakumzi Nyendwana het derde plek verower met ’n prys vir lofwaardige bydraes.

Mzwakhekile Madayizana het die tweede plek behaal. Foto’s: Willemien Green

Geldpryse ter waarde van R30 000, R15 000 en R10 000 is onderskeidelik aan die wenners toegeken. Al drie wenners sal ook vir twee maande by die Community Activist Atelier in KwaMagxaki in Gqeberha tuisgaan wat die verblyf, mentorskap en uitstallings sal borg.

Besoek die galery se Instagram-, Facebook- en Twitter-blad of www.galerienoko.com vir nog inligting.

Die kunstenaar Sakumzi Nyendwana het derde plek verower met ’n prys vir lofwaardige bydraes.
Meer oor:  Wenners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.