Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Zeitz se uitvoerende hoof uit

Mark Coetzee, uitvoerende direkteur en hoofkurator van die Zeitz MOCAA in Kaapstad, het bedank ná sy skorsing Woensdag.

Geen volledige besonderhede is bekend gemaak nie.

Zeitz MOCAA in die silo-distrik van die V&A Waterfront. Foto: Iwan Baan

Volgens Tamra Veley, woordvoerder van die trustees van die Zeitz-kunsmuseum, word ondersoek ingestel na sy professionele gedrag. Sy is genader om meer besonderhede, maar sy het volstaan daarmee dat dit ’n interne proses is waar die regte prosedure gevolg moet word.

“Enigiets ander sal onvanpas wees,” het sy gesê.

Die trustees het aangekondig dat Azu Nwagbogu in die tussentyd die rol van hoofkurator en direkteur oorneem. Nwagbogu is tans die adjunkkurator.

Die Zeitz-kunsmuseum in die silo-distrik van die V&A Waterfrontgebied het in September verlede jaar oopgemaak. Die omvang en prestige van die mu­seum het al daartoe gelei dat daarna as Afrika se eie Tate Modern verwys word. Belangstelling was van die begin af groot en binne die eerste maand ná die opening het meer as 70 000 mense dit besoek. Dit huisves die grootste versameling kontemporêre Afrika-kuns in Afrika. Werk van onder andere Nandipha Mntambo‚ Mohau Modisakeng‚ Athi-Patra Ruga‚ Jody Paulsen en Edson Chagas is te sien. Netwerk24 het met Coetzee probeer kontak maak, maar hy het nie op e-posse reageer nie.

Meer oor:  Mark Coetzee  |  Zetiz Mocaa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.