Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Lily Allen-grappie ruk handuit
Foto: Lily Allen: Instagram

’n Taamlike flou grappie het slegte nagevolge nadat ’n Instagram-foto van die Britse sangeres Lily Allen waar sy in hegtenis geneem word, nie net vals is nie, maar nou ook die polisiebeamptes in die sop laat beland het, het The Daily Mail Maandag berig.

Allen het met haar aankoms op die Gold Coast-lughawe glo vir die polisie gevra om vir die gewraakte foto te posseer. In die foto kniel sy op die grond, is die boeie om haar polse en druk die beampte haar ondertoe.

Allen het later die foto geplaas op Twitter en daarby geskryf: “Uh Oh”. Dit het onmiddellik veldbrandstatus bereik. Dis intussen afgehaal, maar nie voordat die polisiehoofde dit gesien het nie.

Die polisiebeamptes is nou in die moeilikheid omdat hulle glo protokol oortree het.

​Lees meer hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.