Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Koningin van Afrikaanse Liefdesverhaal
Murray vereer vir lewenswerk
Meer as 130 titels
Bo: Die gewilde skrywer Ena Murray het haar eerste roman, Die Glimmende Simitar, op veertien geskryf. Foto: EUGENE GUNNING

Die koningin van Afrikaanse liefdesverhale is onlangs met ’n oorkonde deur die ATKV vereer.

Ena Murray se skrywers-loopbaan strek oor 53 jaar met die publikasie van meer as honderd titels.

Murray (76) word bestempel as die mees gelese skrywer in Afrikaans. In ’n onlangse opname deur Radio Sonder Grense en Tafelberg-Uitgewers is sy aangewys as die gewildste skrywer in Afrikaans.

Die oorkonde erken Murray se jare lange bydrae tot Afrikaans en die wyse waarop sy ’n leeskultuur in SA help uitbrei en bevorder het, het Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, gesê.

Dit is die eerste keer dat Murray se werk só erken word.

“Haar skryfstyl het die liefdesgenre uitgebrei. Die aantal boeke en herdrukte uitgawes op haar kerfstok is ’n bewys van haar ongekende talent.

Sy het ’n verbysterende 131 titels agter haar naam! Sy is ook bekend vir haar intense navorsing voordat sy haar pen op papier sit.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.