Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
2 sangers, 2 pianiste en violis ding mee
Ezelle Erasmus

Die vyf finaliste wat vanjaar om beursgeld van R15 000 in die Rhapsody in Bloem-musiekkompetisie meeding, sluit twee sangers, twee pianiste en ’n violis in.

Die sangers is Terry Goliath, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Sentraal, en Mirriam Bokala, ’n student in haar eerste jaar aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM).

Die pianiste is Kayme du Preez, ook ’n eerstejaarstudent aan die OSM, en Liana Bester van Bloemfontein.

Ezelle Erasmus, verlede jaar se gehoorgunsteling, is die enigste violis in die groep. Sy gaan Franz Drdla se Serenade en Ses Roemeense danse van Bartók in die finale ronde speel.

Goliath sal getoets word aan haar vertolking van ’n Mozart- en ’n Caldara-aria, asook “Songs My Mother Taught Me” van Dvorak. Bokaba sing “Vado, ma dove?” van Mozart, “Widmung” van Schumann en “Heimwee” van S. le Roux Marais.

Du Preez en Bester het albei ’n Scarlatti-sonate en verskillende bewegings uit Mozart se Sonate in C majeur, K330 gekies. Du Preez speel ook Rachmaninoff se Fantasiestukke en Bester Chopin se Nokturne nr. 2.

Mirriam Bokala

Die kompetisie is deel van die kwartaallikse Rhapsody in Bloem-konserte wat ’n platform vir meestal amateur-, studente- en skoolgaande musici bied. Die genres wat in konserte aangebied word, kan enigiets insluit, hoewel die klem sterk op klassieke musiek val.

Petro Engelbrecht, die stigter van Rhapsody in Bloem, stort die kaartjiegeld van elke konsert in ’n fonds vir ’n beurs aan ’n musiekstudent of ’n leerling wat musiek gaan studeer.

Die vorige twee wenners is die violis Paul Loeb van Zuilenburg, ’n student in sy derde jaar aan die Universiteit van Kaapstad se musiekkollege, en die fluitspeler Nina Cilliers, ’n derdejaarstudent aan die OSM.

* 7 September om 19:00 in die Naval Hill Planetarium. Die kaartjies kos R60 en is te kry by rhapsodyinbloem@gmail.com of 082 824 5507.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.