Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
3 pianiste, 1 fluitspeler in Jong Kunstenaarskonsert
Beate Boshoff

Drie pianiste en ’n fluitspeler tree op in die vierde Jong Kunstenaarskonsert, ’n projek van die Nasionale Jeugmusiekstigting wat ook die jaarlikse Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) vir 14- tot 19-jariges aanbied.

Die kunstenaars in die vierde aanbieding in die konsertreeks in Erin Hall, Rondebosch, is van die land se voorste jong klassieke musici, naamlik Beate Boshoff, Sakhile Humbane, Seiren Wi en Dominic Daula.

Boshoff, ’n pianis van Bethlehem in die Vrystaat, was verlede jaar die naaswenner van die klavierkategorie van die NJMK.

Humbane, die fluitspeler, was in 2015 die algehele wenner van die NJMK en Dominic Daula (pianis) is tans ’n nagraadse student aan die Royal Northern College of Music in Manchester,

Sakhile Humbane

Engeland.

Wi, wat in 2010 die prys ontvang het vir die belowendste semifinalis wat nie in die finale ronde van die NJMK gespeel het nie, is tans ’n student aan die Universiteit van Kaapstad (UK).

Werke van Philippe Gaubert, Francis Poulenc en Frank Martin sal uitgevoer word.

Michael Maas, die voorsitter van die NJMS, sê die doel met die konsertreeks is om die opkomende sterre blootstelling op die konsertverhoog te gee.

Hy het ook gesê die oudisies vir die NJMK is afgehandel en die 18 suksesvolle kandidate sal ná die konsert in die Erin Hall aangekondig word. Hulle ding mee om prysgeld van R145 000.

Seiren Wi

Die NJMK word vanjaar die 35ste keer gehou en vind van 8 tot 12 Oktober in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow, Kaapstad, plaas.

Die Nasionale Jeugmusiekkompetisie word ondersteun deur die Oppenheimer Gedenktrust, die Rupert Musiekstigting, die Joan St Leger Lindbergh Charitable Trust, Nussbaumstigting, Nasionale Loterykommissie, Overstrand Kunste, die Kaapstad Teatertrust en die Ackerman Opvoedingstrust.

Dominic Daula

*Die kaartjies vir die konsert op 26 Julie in Erin Hall, kos R120 en R70 (studente, leerlinge en pensioentrekkers) by Computicket of by die deur. Wyn en sap is by die prys ingesluit.

Meer oor:  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.