Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
4 Vrystaatse strykers ding om groot beurs mee
Chris van Zyl
Maria Yazbek
Ezelle Erasmus
Pieter Joubert

Vier strykers is as finaliste aangewys in die eerste HumanNaudé-beurskompetisie wat vir die wenner R100 000 in die sak sal bring.

Dit is die grootste musiekbeurs vir jong musici wat in die Vrystaat studeer of skoolgaan.

Ezelle Erasmus (viool), Pieter Joubert (viool), Chris van Zyl (tjello) en Maria Yazbek (viool) moet in ’n konsert op 18 Februarie rekenskap van hulself gee om die wenner onder hulle te bepaal.

Elkeen moet drie kontrasterende werke op minstens gr. 8-vlak uitvoer, waarvan een ’n volledige sonate of sikliese werk moet wees.

Erasmus en Van Zyl is musiekstudente aan die UV, Joubert is ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en Yazbek word tuis onderrig.

Die beurs kan vir studie aan enige tersiêre instansie in Suid-Afrika of in die buiteland gebruik word, maar is onderhewig aan streng vereistes wat onderrig en die kandidaat se vordering betref.

Prof. Japie Human, ’n eertydse klavierdosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en konsertpianis, het die beurs saam met sy lewensmaat, Willem Naudé, nagelaat. Human is in 2015 dood.

Die beoordelaars is Anneke Lamont, Leana Lötter, Johan Cromhout en Charl du Plessis.

Zanta Hofmeyr, bekende Gautengse violis, tree as eksterne beoordelaar in die eindronde op.

Die kompetisie word om die beurt aangebied vir instrumentaliste nie ouer as 22 jaar en sangers nie ouer as 26 jaar nie. Einde vanjaar is dit sangers se beurt om vir die kompetisie in te skryf.

  • Die wennerskonsert is op 18 Februarie in die Odeion-teater op die UV-kampus. Toegang is gratis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.