Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
52 jong SA musici gaan in kompetisie toutrek

Wes-Kaapse musici het vroeg-vroeg die voortou in vanjaar se Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie geneem.

Die 13-jarige pianis Teboho Motsatse (middel) is in 2019 as die wenner van die Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie aangewys. Die 13-jarige saxofoonspeler James Cilliers was tweede en die 11-jarige pianis Tanya Zhu derde. Foto: Argief

Altesaam 29 kandidate in die Wes-Kaap, 13 in Gauteng en tien in KwaZulu-Natal is ná ’n ronde video-oudisies gekeur om van 19 tot 23 September sake in Kaapstad uit te spook.

Die kompetisie, wat sedert 1989 klassieke musici van jonger as 15 in vier fel rondes uitdaag, word oudergewoonte deur die Tygerberg-tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (SAVMO) aangebied.

Die kompetisie maak sy terugkeer tot die verhoog nadat dit verlede jaar weens die Covid-19-pandemie afgestel is.

Volgens Hilda Boonzaaier, voorsitter van SAVMO se Tygerberg-tak, sal die kompetisie sy terugkeer tot die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Parow maak.

“Nadat ons verlede jaar die kompetisie moes kanselleer, moes ons vanjaar ook ekstra beplan om alles Covid-vriendelik te kan doen,” sê sy in ’n mediaverklaring.

“Aanvanklik het ons beplan om die kompetisie virtueel aan te pak, maar het toe besef dat niks so goed soos ’n ‘lewendige’ kompetisie sal wees nie.”

Sy sê dit is reeds uit die oudisieronde “duidelik dat al die deelnemers verlede jaar hul tyd goed gebruik het om te oefen en aan hul instrumentale spel te verbeter”.

“Ons moes egter vanjaar selfs meer as ander jare die getalle beperk en daarom is ons jammer dat alle aansoekers nie toegelaat kon word tot die kompetisie nie.

“Ons hoop dat elke deelnemer hierdie geleentheid sal aangryp om hulself nog verder te verbeter, hard sal oefen, en bo alles die pragtige musiek sal geniet.”

Die volgende musici het tot die kompetisie deurgedring:

Wes-Kaap

  • Corban Beukes (13), viool
  • Daniel Bursey (12), klavier
  • Elena Monvoisin (11), klavier
  • Emma Steenkamp (14), viool
  • Ethan Xing (12), klavier
  • Gabriel Comitis (14), viool
  • Gaby Stevens (13), klarinet
  • Jaden van Balla (14), klavier
  • Jean-Kyle Bogenhagen (13), klavier
  • Jole Lawson (14), tjello
  • Juan Visagie (13), klavier
  • Julia Foye (10), klavier
  • Karli Kennard (14), klavier
  • Kayleigh Botes (14), fluit
  • Kian Goliath (14), saxofoon
  • Kieran Hollis (14), viool
  • Laura-Lee Foye (13), klavier
  • Luke Stamer (13), tjello
  • Madison le Roux (14), klavier
  • Mande Schwarzer (13), fluit
  • Matthew Lamprecht (13), viool
  • Megan Wightman (14), klarinet
  • Mia Botev (14), tjello
  • Nina Cilliers (11), klavier
  • Quinn Goliath (12), saxofoon
  • Saskia Burgers (14), klarinet
  • Shan Tong Yu (13), klavier
  • Stefan Suter (14), klavier
  • Yafei Wang (13), klavier

Gauteng

  • Annalou Herman (12), fluit
  • Annie Chang (11), viool
  • Bianke van Staden (10), viool
  • Heinrich Sutton (14), klavier
  • Lara Meiring (11), klavier
  • Laylah van Straaten (7), klavier
  • Naomi van Straaten (10), klavier
  • Nika Meiring (13), klavier
  • Samuel Nel (11), klavier
  • Sebastian Swanepoel (12), klavier
  • Tanya Zhu (13), klavier
  • Zhuogen Du (12), klavier
  • Zine Mostert (12), klavier

KwaZulu-Natal

  • Gongxuan Zhang (13), klavier
  • Jayden Hsu (10), klavier
  • Kyungsoo Kim (10), klavier
  • Macy-Rose Heuff (10), viool
  • Mayuko Inaba (11), klavier
  • Mingmei Zhang (14), klavier
  • Sarah Macaskill (14), viool
  • Serena Nip (10), klavier
  • Weien Amy Luo (13), viool
  • Xizhi Aiden Luo (10), klavier

Benewens talle kategoriepryse en pryse vir die beste uitvoering van ’n Barok-, klassieke, Romantiese en Suid-Afrikaanse werk, is kontantpryse van R15 000, R10 000 en R7 500 op die spel vir die musici wat onderskeidelik eerste, tweede en derde eindig. Hul onderskeie onderwysers sal ook elk R2 500, R2 000 of R1 500 kry.

Hoewel die kompetisie geheel en al in die Hugo Lambrechts-musieksentrum plaasvind, sal die eindronde ook regstreeks aanlyn gestroom word.

Besoek https://samrohubertvanderspuy.wordpress.com/ vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.