Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sam Smith se stem moet rus, sê arts
Sam Smith

SYDNEY. – Die Britse sanger Sam Smith het gister die res van sy Australiese toer weens bloeiende stembande gekanselleer.

Hy het sy bewonderaars verskoning gevra en verduidelik dat dit in opdrag van sy dokters is.

“Ek is baie jammer om my Australiese bewonderaars mee te deel dat ek die toer moet kanselleer,” het hy in ’n verklaring gesê.

“My stembande is al ’n hele ruk uitgeput en gisteraand in Sydney was daar ’n bietjie bloeding. Die dokters het gesê ek moet uitrus tot my stembande herstel het, anders kan die skade permanent wees.”

Sy Australiese promotor het aangekondig dat nuwe datums vir optredes in Desember gereël word. Smith sou nog in Sydney, Melbourne, Adelaide en Perth opgetree het voordat hy sy In The Lonely Hour-toer in Asië sou voortsit. Hy sou op 7 Mei in Tokio opgetree het.

Hy is vanjaar met vier Grammys bekroon, waaronder vir die beste liedjie vir sy treffer “Stay With Me”. 

– Reuters

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.