Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Tom Petty kry skryf-krediet vir Sam Smith-lied

Die bekende Amerikaanse rocker Tom Petty het ’n skryf-krediet op Sam Smith se reuse-treffer “Stay With Me” gekry, ná sterk ooreenkomste met Petty se lied “I won’t back down” uitgewys is.

Smith se verteenwoordiger het Maandag gesê die publiseerders van Petty se 1989-treffer het die publiseerders van Smith se lied, wat een van 2014 se grootste treffers was, gekontak. Smith en die “Stay with me”-skrywers James Napier en William Phillips het gesê hulle stem saam dat hul lied sterk ooreenkomste toon met Petty se lied.

“Al is die ooreenkomste heeltemal toevallig, het almal wat betrokke is ’n vinnige en vriendskaplike ooreenkoms bereik waarin Tom Petty en Jeff Lynne nou as medeskrywers van ‘Stay with me’ gelys word, saam met Sam Smith, James Napier en William Phillips,” het hulle in ’n verklaring gesê.

Petty se “I won’t back down” het ’n hoogste plek van 12de op die Billboard top-100-ranglys gehaal toe dit uitgereik is. ’n Verteenwoordiger van Petty wou nie kommentaar lewer nie.

“Stay with me”, Smith se debuut-lied, het al verkope van meer as 3,5 miljoen behaal en ’n hoogste plek van 2de op die Hot 100 behaal.

Die lied is benoem vir ’n Grammy-toekenning vir lied van die jaar – ’n eer wat die skrywers van die lied te beurt sal val indien dit sou wen.

- Sapa-AP

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.