Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
A-ha! Kyk wie kom toer in SA
Die Noorweegse popgroep a-ha gaan twee konserte in Suid-Afrika hou. Foto: Facebook

Die legendariese Noorweegse popgroep a-ha gaan in Februarie 2020 twee konserte in Kaapstad en Johannesburg aanbied.

Dit is die trio, Magne Furuholmen, Morten Harket en Paul Waaktaar-Savoy, se eerste reeks konserte in Suid-Afrika sedert 1994.

Die twee konserte sal waarskynlik al die treffers op hul debuutalbum, Hunting High and Low, wat in 1985 uitgereik is, insluit. Dit sluit onder meer die titelsnit, “Take On Me” en “The Sun Always Shines on TV” in. Geharde aanhangers sal egter duim vashou dat hulle ook met treffers soos “Crying in the Rain” en “Cry Wolf” bederf sal word.

Die a-ha play Hunting High and Low-konsert is op 14 Februarie aanstaande jaar in die Green Point A Track in Groenpunt, Kaapstad, en dit sal ’n dag later op die Marks Park-sportterrein in Emmarentia, Johannesburg, herhaal word.

Kaartjies kos van R595 tot R895 en sal vanaf Woensdag 26 Junie om 10:00 op Webtickets beskikbaar wees.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Noorweegse Groep  |  A-H-A
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.