Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Afrikaans in gange, eetplekke, op die dek’

“Dis net Afrikaans in die gange, Afrikaans op die dek en Afrikaans in die restaurante,” het een van die gaste aan boord van die MSC Musica opgewonde vertel tydens die Oppiwater Kunstefees wat gister in Durban begin het.

Petro Schmahl en Johan Malan van Alberton is van die sowat 2 800 passasiers op die MSC Musica wat die Oppiwater Kunstefees bywoon. Foto: Terésa Coetzee

“Selfs toe ons in die tou gestaan het om op die boot te klim, het Anneli van Rooyen se stem oor die luidsprekers gejubel. Dis net wonderlik!”

Vir die soveelste agtereenvolgende jaar is al die kajuite op die boot vir die Oppiewater Kunstefees uitverkoop en altesame 2 800 passasiers het teen gistermiddag op die boot aangekom.

Gaste het hulle sommer vroeg al op die dek gaan tuismaak en baie het die fees met ’n mengeldrankie begin.

Dis ’n algemene gesig om te sien hoe gaste selfies saam met bekendes soos Lizz Meiring, Sandra Prinsloo en selfs die akteur Hennie Smit neem.

“Sondagaand elfuur is die heel laaste kajuit bespreek deur ’n vrou wat op die laaste nipper besluit het sy kan nie die risiko loop om dit mis te loop nie,” sê Frans Swart, organiseerder van die Oppiwater Kunstefees. “Ek was totaal verstom dat die personeel daai tyd van die nag nog haar bespreking kon verwerk.”

Die kunstefees het begin met Amanda Strydom se State of the Heart-konsert en Dowwe Dolla was ook op die verhoog te sien met haar vertoning #dowwedolla. Riaan van Rensburg het die voete laat jeuk met sy konsert Riaan van Rensburg Live!

Vandag is bekendes soos Alwyn Oberholster met sy vertoning Goue Oues 2, die radio-omroeper Amore Bekker met haar program Vroue, God en kos en Anna Davel in Konsert te sien. Vanaand gaan die poppe behoorlik dans tydens die dekpartytjie, sê Swart.

Meer oor:  Msc Musica  |  Afrikaans  |  Kunstefees  |  Oppiwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.