Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Afrikaans is Groot kom na Mosselbaai

Vir die eerste keer nog gaan die gewilde Afrikaans is Groot-konsert in Mosselbaai in die Suid-Kaap gehou word.

Die konsert word in Desember as deel van die Afrikaans is Groot Somerfees deur JOOX in Mosselbaai aangebied.

Dit is Vrydag in ’n verklaring bekend gemaak.

Karlien en Bobby van JaarsveldFoto: Verskaf

Daar is reeds die afgelope vyf jaar daaroor gepraat om Afrikaans is Groot in ’n fees-formaat aan te bied en na ondersteuners in die land te neem, sê Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van die Afrikaans is Groot-konserte.

“Mosselbaai was nog altyd in ons visier en ons skop daar af. Daarna gaan ons dié fees ook later in ander streke aanbied.”

Musiekliefhebbers kan solank uitsien na Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Demi Lee Moore, Bok Van Blerk, Snotkop, Riana Nel, Elvis Blue, Jay, Tarryn Lamb, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Dewald Wasserfall, Corlea, Ruhan du Toit én Bobby van Jaarsveld wat hul grootste treffers gaan sing.

Die organiseerders sê dat hulle uitsien om hande te vat met die inwoners van Mosselbaai en die omliggende gebiede om die gemeenskap by die JOOX Afrikaans is Groot Somerfees betrokke te kry. Die plaaslike gemeenskap sal ook baat by die ekonomiese inspuiting.

Die JOOX Afrikaans is Groot Somerfees-konsert vind op 28 Desember in die Van Riebeeck-stadion plaas. Kaartjies kos R150 vir volwassenes, R75 vir kinders onder 12 en kinders onder 6 sal gratis toegang kry.

Kaartjieverkope het reeds geopen en is slegs by Computicket, aanlyn of by Shoprite/Checkers en House & Home-winkels, beskikbaar.

Die publiek word gewaarsku om te pasop vir derde partye wat kaartjies aanbied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.