Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Onnie trots dat Laurika sy liedjie sing
Pieter Rademeyer met Laurika Rauch se CD Wals, wals Willemien, en die woorde van die liedjies op die album. Sy liedjie “Liefde uit Stellenbosch” is op die album ingesluit. Foto: Werner Hills, Argief
Die onderwyser Pieter Rademeyer se liedjie “Liefde uit Stellenbosch” is op Laurika Rauch se album ‘Gunstelinge’ ingesluit. Foto: Facebook, Pieter Rademeyer.

Rademeyer sê Rauch het die liedjie toe in 2015 opgeneem op haar CD Wals, wals Willemien.

“Dit was vir my ’n groot eer. Sy het verlede jaar by Pearson opgetree en oor die liedjie gepraat. Sy het gesê haar man, Christopher Torr, het gesê hy wens hy het die liedjie geskryf. Dit was ’n groot kompliment.

“Sy het twee jaar later besluit om haar Gunstelinge-album op te neem en dit is vir my ’n groot eer dat sy besluit het dat myne ook een van haar gunstelingliedjies is.

“Die oorspronklike titel was eintlik “Groete uit Stellenbosch”, maar Laurika het gebel en gevra of sy dit in “Liefde uit Stellenbosch” kan verander. Ek het ingestem.”

Rauch het op 1 Mei vanjaar in St. Francisbaai opgetree en hom uit die gehoor genooi het om die liedjie op die verhoog saam met haar te sing.

“Dit was baie spesiaal,” sê Rademeyer.

Meer oor:  Laurika Rauch  |  Musiek  |  Liedjie  |  Musikant  |  Sanger  |  Cd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.