Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Afrikaans sing wêreldwyd

“Jong, dit gaan groot wees. Die kunstenaars is uitgehonger om op te tree.”

So sê Kurt Darren, een van 26 kunstenaars wat op 5 September in die regstreekse stromingskonsert Afrikaans gaan global optree.

Kurt Darren
Juanita du Plessis
Robbie Wessels

Virtual Productions bied dié konsert aan, waarmee konsertgangers ook ’n kans staan om pryse te wen.

Die ander kunstenaars sluit in Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Elandré, Karlien van Jaarsveld, Robbie Wessels en Ricus Nel.

Dit konsert duur 12 uur lank.

“Dit word só gedoen sodat mense in die buiteland ook ’n deel daarvan kan volg,” sê Darren.

“Daar is aanhangers wat oorsee woon, wat na die land en Afrikaans verlang. Dit word net regstreeks uitgesaai. Dit is nie agterna elders beskikbaar nie.”

Darren sê die kunstenaars gaan sowel van hul grootste treffers as nuwe werk sing.

“Juanita sál ‘Ska-rumba’ sing. Theuns sál ‘Soos bloed’ sing. Mense wil dit hoor. Ons gaan voluit met klank en beligting. Daar is ’n orkes wat vir sowat vier uur sal speel. Hulle verskaf die begeleiding vir ’n paar kunstenaars wat nie self instrumente speel nie. Maar 12 ure aaneen is natuurlik ’n bietjie lank vir een orkes om op te tree. So die kykers by die huis kan lekker braai en saamkuier.”

Die konsert gee met die #Myfonds-projek ook aan mense die kans om ekstra geld te verdien.

Met #MYfonds registreer jy op iTickets se webblad, waarna ’n skakel na jou gestuur word.

Sodra dié skakel deur een van jou Facebook-, Instagram-, Twitter- of WhatsApp-vriende gebruik word om ’n kaartjie te koop vir die Afrikaans gaan global-konsert, verdien jy R20 per kaartjie in jou eie #MYfonds beursie.

Die konsert begin om 12:00 en duur tot middernag. Kaartjies kos R120. Bespreek by iTickets.

Benewens die konsertkaartjies staan jy die kans om groot pryse te wen deur loterykaartjies van R100 te koop.

Die pryse is:

• Die Afrikaans gaan Global-superbakkie, ’n Mazda BT50-dubbelkajuit (2015-model).

• MSC en Super Events borg ’n luukse vaart op die MSC Sinfonia. Daar is ses vaarte om van te kies tussen Januarie en April (2021). Dit is ’n BBP-pakket ter waarde van R25 000.

• Drie Weber Spirit-gasbraaiers en vier Weber Premium-braaiers mét bybehore is op die spel.

• Braaigeskenkpakke van Weber, Rooibaard en BitFarming.

Jy kan soveel kaartjies koop soos jy wil en jy kan meer as een prys wen.

Meer oor:  Kurt Darren  |  Juanita Du Plessis  |  Musiek  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.