Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Afrikaanse album moedig herwinning aan
Arthur en Rudi Dennis

Meer as 20 bekende Afrikaanse sangers en musikante gaan ’n album maak met herwinning as tema. Daar word tans kliphard geskryf sodat daar so gou moontlik met opnames begin kan word.

Wat die projek meer spesiaal maak, is dat hulle beoog om bio-diesel te gebruik wanneer die opnames gemaak word.

Tunes Studio se vennoot is Valve House Studios, wat ondersteuning en hulp verleen om hierdie projek te begin. Valve House se infrastruktuur is van so ’n aard dat die hele ateljee van ’n kragopwekker af bedryf kan word.

“Ons beplan om met die opname van die

album biodiesel te gebruik om sodoende die projek se koolstofvoetspoor tot ’n minimum te beperk,” sê Jean Marais, musikant en die eienaar van Tunes Studio, ’n musiekonderneming op Stellenbosch. Hy dra herwinning op die hart en toe hy besef daar word feitlik geen herwinning op Stellenbosch gedoen nie, het hy besluit om iets aan die saak te doen.

Bacchus Nel

Aanvanklik het hy bloot met die plaaslike munisipaliteit geskakel. Hy hoor toe dat daar wel binne die volgende paar maande so ’n infrastruktuur geskep gaan word. Hy het steeds gevoel dat hy herwinning meer onder mense se aandag moet bring.

Die idee van ’n album met bekendes wat elkeen ’n oorspronklike lied oor die een of ander aspek van herwinning aanbied, het toe posgevat. Aangesien hy betrokke is by baie kunstenaars het hy verskeie genader om betrokke te raak.

Piet Botha

Schalk Joubert gaan die musiekregisseur van die projek wees. Die kunstenaars wat elkeen ’n lied vir die album gaan lewer, is Arthur Dennis, Rudi Dennis, Piet Botha, Anton Goosen, Riku Lätti, Gian Groen, Willim Welsyn, Ryno Velvet, Valiant Swart, Albert Meintjes, Herman Kleinhans, Churchil Naudé, Riaan Nieuwenhuis, Sima Mashazi, Hilandi du Toit, Albert Frost, Auriol Hays, Frazier Barry, Brain Cloete, Francois Marais, Bacchus Nel en Kobus de Kock Jr.

“Die idee is dat Afrikaans as medium vir herwinning en die behoud van die omgewing dien, maar dat Afrikaans ook deur die tema ‘herwin’ word. Mense moet bewus gemaak word dat die omgewing uiters tengerig is weens jare lange aftakeling, en dat ons vandag, nie môre nie, iets daaraan sal moet doen,” sê Marais.

Volgens Marais hoop hulle op volledige TV-dekking vir die projek. Hulle het al verskeie instansies en mense genader vir geldelike ondersteuning. Mense wat belang stel om by projek Herwin betrokke te raak, kan Marais kontak by tunesstudio@gmail.com of bel by 082 770 4798.

Meer oor:  Piet Botha  |  Herwinning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.