Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
AiG sê Bobby-plaasvervanger ’n verrassing

Afrikaans is Groot (AiG) hou sy planne dig oor wie Bobby van Jaarsveld se plek gaan vul nadat hy onttrek het.

Bobby van Jaarsveld. Foto: Simone Kley

Van Jaarsveld het verlede week aangekondig dat hy weens sy gesondheid gedwing is om te onttrek uit die AiG-konsert wat oor ’n paar weke in Pretoria en Maart in Kaapstad gehou sal word.

Johan C. Venter, bemarkingsbestuurder vir Coleske Artists en woordvoerder vir AiG, het Maandag by navraag gesê daar is soveel boodskappe van sterkte wat aan Van Jaarsveld gestuur word dat hulle volle vertroue het dat hy vinnig weer sal kan sing.

Van Jaarsveld het Saterdag op sy Facebook-blad sy onttrekking aan die konserte bekend gemaak. Hy het aan Rapport gesê hy sukkel vir ’n paar jaar al met ’n mantelvliesbreuk en refluks.

Dit is ’n toestand waarin suur terugvloei in die slukderm na die boonste lugweg. As gevolg van die suur kan Van Jaarsveld se stembande brand en beskadig word. Hy sal na verwagting binne die volgende twee weke geopereer word.

’n Spesialis sê Van Jaarsveld moet tot dan toe voorlopig van ’n mikrofoon af wegbly.

Intussen het Venter die AiG-kaartjiehouers die versekering gegee dat hulle nie te hartseer moet wees nie.

“Dit is ’n verrassing wie in Van Jaarsveld se plek sal sing, maar ek kan jou belowe mense sal nie teleurgesteld wees nie.”

Hy het Van Jaarsveld sterkte toegewens en die hoop uitgespreek dat hy vinnig weer sal kan sing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.