Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Aitsa-pryse uitgestel weens Covid-19

Die Aitsa- Afrikaanse musiekpryse is die jongste slagoffer van Covid-19 en die Aitsa Trust en Pretoria FM het besluit om die geleentheid na volgende jaar uit te stel.

“Al die faktore is in ag geneem en die trustees was dit eens dat dit baie moeilik is om ’n voorspelling te waag oor moontlike konserte vir die res van die jaar.

“Die eerste Aitsa-toekenningsgeleentheid van 2019 was ’n groot sukses en is deur meer as 4 700 mense bygewoon. Dit is onseker hoe lank die regering se verbod op groot byeenkomste, wat reeds voor die huidige staat van inperking ingestel is, gaan bly, selfs al word die staat van inperking op 16 April opgehef,” sê Hennie Koortzen, uitvoerende hoof van die Aitsa-pryse en Pretoria FM.

Volgens hom word die belange en gesondheid van die kunstenaars, produksiespanne en konsertgangers eerste gestel.

Die goeie nuus is dat alle potensiële inskrywings vir vanjaar se pryse steeds kwalifiseer om vir 2021 in te skryf en die kwalifiserende tydperk sal verleng word om vir almal te probeer voorsiening maak.

“Ná die uitstekende terugvoering het die organiseerders besluit om die 2020/21-geleentheid weer te kombineer met ’n konsert waaraan van die land se beste Afrikaanse kunstenaars gaan deelneem,” sê Koortzen.

Erepryse sal ook weer aan kunstenaars en ikone wat diep spore in Afrikaanse musiek en kultuur getrap het, oorhandig word.

Die nuwe datum vir volgende jaar se geleentheid sal binnekort bekend gemaak word.

Meer oor:  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.