Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Alberton met wêreldreis betower

Die gehoor in die Brackenpark-gemeenskapsaal het voorverlede Saterdag kort-kort spontaan saam hande geklap toe die Albertonse Mans- en Vrouekoor en Yoti die Griekse Boertjie hulle op ’n wêreldreis geneem het.

Yoti die Griekse Boertjie en twee vroue wat hy uit die gehoor gekies het om saam met hom op te tree, vermaak die teenwoordiges. Foto: Rienie Venter

“Musiek van oor die wêreld heen is opgevoer,” skryf dr. Paul Potgieter, koorleier van die Albertonse Mans- en Vrouekoor.

Hy sê die verskeidenheid van stemme, soos die vroue se soet stemme tydens “Can’t help falling in love” en die mans se “De la Rey”, was opmerklik.

“Die hoogtepunt van die aand was beslis toe Yoti saam met albei kore ‘Jerusalem’ gesing het. Die Griekse musiek het vir pret gesorg. Borde is tot groot vermaak van die gehoor gebreek,” vertel Potgieter. “Die saal was pragtig versier, talle lande was verteenwoordig en die heerlike happies het tot die groot fees bygedra.”

  • Of jy nou by die kore wil aansluit of net kyk wat hulle doen, is jy welkom om Rienie Venter by 083 232 0359 te bel.
Meer oor:  Yoti  |  Alberton  |  Koor  |  Griekse Boertjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.