SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Musiek
Alternatief is Groot ‘sal soos jool wees’

Alternatief is Groot is hier, met kunstenaars soos Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Jan Blohm, Straatligkinders en Jack Parow binnekort op die verhoog in Pretoria.

Francois van Coke. Foto: Argief

Die jongste baba uit die Coleske-stal, wat bekend is om projekte soos Afrikaans is Groot en Classics is Groot, word op Loftus Vers­feld se D-veld gehou ná Saterdag 16 Februarie se Superrugby-wed-stryd tussen die Blou Bulle en die Stormers.

“Ons dink daar is ’n groot behoefte vir ’n produksie van uitstaande gehalte onder aanhangers van dié musiek-genre. Verder wil ons ook aan alternatiewe kunstenaars ’n platform bied om hul staal te wys,” sê Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die konsert.

Maar as dit van die groep Heuwels Fantasties se Pierre Greeff afhang, is dit nie net die alternatiewes en jonges van gees wat daar gaan opdaag nie. Ná die afskaffing van die Universiteit van Pretoria se jool meen hy dit kan ook ’n lekker partytjie vir studente wees.

“Dit is lekker dat Alternatief is Groot weer jool na Pretoria toe bring! Te lank was Potch die enigste jool-jol,” sê hy.

Die konsert word aangebied deur die musiekstroom-app, JOOX, met die ondersteuning van We Buy Cars, Beeld en Via (DStv-kanaal 147).

Die konsert begin om 19:30 en duur tot 23:30.

’n Aanvanklike 1 000 “Early Bird-kaartjies” word teen R120 beskikbaar gestel. Daarna is kaartjiepryse R195 per persoon.

Vir diegene wat die rugbywedstryd tussen Bulls en Stormers ook wil kyk, sal daar ’n “Gig en Game”- kaartjie teen R245 beskikbaar gestel word.

  • Kaartjies is vanaf Vrydag slegs by Computicket beskikbaar en die publiek word gewaarsku teen derde partye wat kaartjies aanbied. Opwindende pryse – wat ontmoetings met die kunstenaars insluit – kan in ’n leserskompetisie gewen word. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.