Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Amanda sing weer in Deltapark
Amanda Strydom

Die sangeres Amanda Strydom is terug vir nog nadat sy in Februarie die openingskonsert van die nuwe Theatre in the Park in Deltapark, Johannesburg, aangebied het.

Op 8 September hou sy weer konsert, dié keer met ’n ander produksie. In dié konsert sal sy van haar grootste treffers van die afgelope 40 jaar sing.

Dit sluit liedjies in soos “My kamer”, “Vrou by die spieël”, “Paris Skies”, “Ek loop die pad” en “Pelgrimsgebed”.

Sy sing ook in Frans, Nederlands en Engels in dié konsert.

Lyall Ramsden het die teater in Deltapark begin. Hy het van die gebou bewus geword toe hulle die kortfliek Vossie vergas homself hier verfilm het.

Strydom was die eerste kunstenaar wat hier opgetree het en sy het haar kabaretproduksie State of the Heart uitgevoer.

Intussen is komedie- sowel as musiekaande al hier aangebied.

* Kaartjies vir Strydom se konsert op 8 September begin om 20:00 en kos R175. Besoek quicket.co.za om te bespreek. Die adres is Craighallweg 77, Deltapark, Johannesburg.

* Intussen tree Strydom Donderdag vir die eerste keer in vier jaar in die Centurion-teater op met haar produksie Stadig oor die klippers, wat vanjaar by die KKNK gedebuteer het. Strydom sing hierin ook die musiek van Leonard Cohen, Sting, Édith Piaf en Marlene Dietrich – sommige vir die eerste keer. Sy belig die temas van liefde, dood en die blou planeet. Die tyd en kaartjiepryse van hierdie konsert moet nog bevestig word.

* Stadig oor die klippers begin om 19:30 en kaartjies kos R140. Besoek tickets.tixsa.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Amanda Strydom  |  Teater  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.