Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Ander se woorde vlieg weer in virtuele konsert

Die sangeres Lizanne Barnard bied vandeesmaand die tweede aflewering van haar virtuele musiekproduksie, Stuur vir my jou woorde, aan.

Dit bestaan uit toonsettings van ongepubliseerde gedigte wat talle mense op uitnodiging aan haar gestuur het.

Lizannne Barnard

Dié woordkuns het Barnard so ontroer dat sy besluit het om nog ’n konsert aan te bied en mense weer uit te nooi om hul verse aan haar te stuur.

Sy het die eerste konsert in Junie gehou.

Soos met die eerste konsert, bestaan Stuur vir my jou woorde II, uit nege toonsettings wat uitgevoer word.

“Ek het tydens die inperking besluit ek wil so iets aanbied,” sê Barnard, wat bekend geword het as lid van die musiekduo Marimba.

Leon Ecroignard

“Ek het mense uitgenooi om enige woorde aan my te stuur. Daaruit het ek gekies wat om te toonset en by die konsert in te sluit.

“Iemand wat met die vorige konsert aan my vers gestuur het, het nou ’n ander vers gestuur, wat ek besluit om dit te gebruik. Selfs al het die persoon die vorige keer deelgeneem. Dis nie ’n kompetisie nie. Dit gaan nie oor wie se skryfkuns die beste is nie. Dit moet gewoon tot mý spreek. As ek glo dit het musikale moontlikhede, oorweeg ek dit.”

Die musikant Leon Ecroignard begelei Barnard en die sangeres Anna Davel het soos met die vorige konsert, skilderye vir al nege liedjies geskilder.

Barnard se man, Wayne Raath, doen die beligting, klank en hy neem die konsert op.

Die verse wat Barnard dié keer ontvang het, het baie met ’n verbeeldingsvlug te maak.

Anna Davel Foto: Piers Braybrook

“Aanvanklik wou ek die tweede konsert se tema rondom die winter sentreer, maar ek het agtergekom mense wil nie juis nou van die winter hoor nie. Mense hunker na die natuur. Mense voel lus vir ’n toer. Daar is ’n behoefte aan uitkom, om vry te wees. En in hierdie konsert toer ons is – al is dit net in ons gedagtes.”

• Kaartjies kan teen R60 by Quicket bespreek word. Die konsert kan op 24, 25 en 26 Julie gekyk word. ’n Skakel word aan jou gestuur sodra jy bespreek het.

Kyk hier na die vorige konsert: 

Meer oor:  Musiek  |  Lizanne Barnard  |  Gedigte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.