Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
André Schwartz lewer aanlyn vertoning in Groote Kerk

Sedert die nasionale staat van inperking afgekondig is, het baie kunstenaars begin om aanlyn konserte te hou in ’n poging om steeds ’n inkomste te genereer.

Die sanger André Schwartz gaan eerskomende Sondag en Maandag ’n baie unieke konsert in die ikoniese Groote Kerk in Kaapstad met die titel Songs of Hope – Acoustic from Groote Kerk opvoer.

“Die konsert is presies wat dit sê. Ek het ’n program saamgestel met van die heel mooiste liedjies van inspirasie, want dit is presies wat ons almal nou in hierdie tyd nodig het.

“Mense voel hulle weet nie meer watter kant toe nie. Hulle is bang vir die toekoms en onseker oor alles. Daar was vir my geen beter plek as in die Groote Kerk in Kaapstad om hierdie konsert op te neem nie, want die atmosfeer is tasbaar en die kerkorrel in die kerk blaas eenvoudig net jou asem weg,” sê hy.

André Schwartz sing Sondag en Maandag die heel mooiste inspirerende liedjies aanlyn.

Schwartz het spesiaal na Kaapstad gevlieg om die konsert op te neem en vertel laggend dat dit nog in die tyd was toe binnelandse vlugte beperk was.

“My een vriend het gelukkig sy eie vliegtuig en ek het ’n lift saam met hom Kaap toe gekry,” sê hy.

“Aan die begin was ons almal nog baie positief oor hoe die pandemie gehanteer word, maar mense begin nou hulpeloos te voel. Ons wag almal vir D-dag, vir die sekerheid dat alles nou weer verby gaan wees, maar dit kom eenvoudig net nie. Niemand het ’n benul wanneer Covid-19 verby gaan wees nie.

“Ná elke fase wat gelig word, voel dit soos ’n oorlog wat verby is, maar in dié geval is die vyand steeds tussen ons en die oorlog is net nooit verby nie. En dís waarom ek vir mense liedjies sing wat hoop gee.”

Begelei deur orrel, klavier en kitaar, sing hy onder meer bekende treffers soos “Pie Jesu”, “I Believe” en “What a Wonderful World” soos niemand hom nog hoor sing het nie. Die sangeres Lynelle Kenned maak ook ’n spesiale verskyning in die konsert.

• Kaartjies is hier te koop. 

Wen

Tien gelukkige lesers kan elk ’n kaartjie na André se konsert wen. Stuur jou besonderhede voor Vrydag 14 Augustus om 17:00 na vrydag@media24.com.


Meer oor:  Musiek  |  Vermaak  |  Kuns  |  André Schwartz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.