Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
André Swiegers fokus op eenvoud ná hartprosedure

Ná ’n hartprosedure verlede jaar vier die sanger en liedjieskrywer André Swiegers die eenvoud van die lewe met sy nuwe album, Pura Vida – Simple Life.

Die titel is ’n Spaanse woord wat dui op ’n “suiwer lewe/eenvoudige lewe”.

André Swiegers

“Of dit met jou goed gaan of nie, dis deel van die lewe,” sê Swiegers (62). 

Die album word Donderdag in die Atterburyteater bekendgestel. 

“Die lewe is gekompliseerd genoeg soos dit is. Moet ook nooit jou eie rol daarin onderskat nie. So, ek het vyf jaar gelede begin aanpassings maak met die doel om eenvoudiger en met minder stres te kan leef. Nie altyd maklik nie.”

Hy haal Charlie Chaplin aan: “Simplicity is a difficult thing to achieve”.

Dit is in sy geval ’n wilsbesluit waarby hy probeer hou.

“My hart self makeer niks nie. Ek vermoed swak eet- en leefgewoontes van vroeër jare het veral bygedra tot die vernouing van die linkerhartaar. Partykeer vat mens ’n dip. Die belangrikste ding is om op te staan en rigting te kry. Vorentoe.”

André Swiegers
Pura Vida – Simple Life deur André Swiegers.

Hy is vandag fikser as ooit. Hy eet gesonder en stap elke dag.

“Niemand is in staat om die wêreld eensklaps te verander nie. Al wat ’n mens kan doen is om van dit wat jou pla af te sny, sover jy kan, om die lewe vir jouself (en ander) minder intens te maak.”

Swiegers leef in die oomblik.

“Dit gooi onmiddellik ’n spul onnodige bagasie van die verlede en toekoms van jou skouers af. Dis bevrydend.”

"Ek hou van Engels, dis ’n makliker taal vir my om in te sing, maar ek is lief vir Afrikaans. Ek sal altyd graag daaraan tyd bestee.”

Sy nuwe album bestaan uit drie splinternuwe liedjies, en gewilde liedjies –- “Bessie”, “Eva”, “Going Down” en “Ghost Train” dra nuwe baadjies, soos hy dit stel.

“Ek het gereken hierdie ou liedjies kan anders benader word,” sê Swiegers.

“Soms begin jy met ’n produksie en dit kom tot iets waaroor jy tot ’n mate nie beheer gehad nie omdat die produksie homself gelei het en dis nie altyd presies noodwendig wat jy in aanvanklik gedagte gehad het nie.

“Ek fokus meer op karakter en geloofwaardigheid as op ’n fyn afgeronde projek fokus wat ge-autotune is.”

Hy het ook drie liedjies opgeneem van kunstenaars wat hom geïnspireer het om musiek te maak.

“Mr Bojangles” van Jerry Jeff Walker, “Where Do You Go to My Lovely?” van Peter Sarstedt en “The Wind” van Cat Stevens verskyn op die album.

Swiegers het in sy ateljee geëksperimenteer en besluit om ’n album te maak – net daar in sy ateljee.

“Ek wil ’n vibe in my musiek hoor. Ek soek nie ’n afshow-produk nie. My musiek moet geloofwaardig wees. Dis belangrik. Karakter en geloofwaardigheid.”

Swiegers, bekend om treffers soos “Blou”, “Twee feilbare mense” en “Hoe draai die wind dan nou” vind aanklank by musikante soos Neil Young, Leonard Cohen, James Taylor en Bob Dylan.

“My musiek skakel in met die 1960’s en 1970’s.”

Hy het eers in Engels begin skryf.

“Deesdae probeer ek ’n 50/50-balans handhaaf. Ek hou van Engels, dis ’n makliker taal vir my om in te sing, maar ek is lief vir Afrikaans. Ek sal altyd graag daaraan tyd bestee.”

* Die konsert in die Atterburyteater begin om 20:00. Kaartjies kos R175. Bespreek by iTickets.

* Swiegers se seun Emile (kitaar) en die blues-musikant Craig MacKinnon (bekfluit) sluit by hom aan.

Meer oor:  Atterburyteater  |  Pretoria  |  Album  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.