Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
André Swiegers vertel van stryd met Covid-19

’n Mens is gelukkig om ’n “retoerkaartjie” te kry, sê die sanger André Swiegers, wat Covid-19 opgedoen het.

Hy het Woensdag op Facebook sy ervaring van dié “onaangename” en “bedrieglike” siekte gedeel.

André Swiegers Foto: Gideon van Zyl

Op sy 26ste dag in die bed sê Swiegers aan Netwerk24 hy “sterk maar aan”.

Hy is alleen tuis en is bang iemand steek by hom aan.

Hy skryf: “Volgens gister se bloedtoetse is daar geen aktiewe infeksie meer in my sisteem nie. Goeie nuus. Dit het begin met ’n droë hoes. ’n Kop wat dik en muf voel. Swaarder gesluk aan kos as normaalweg. My reuksintuig verloor – kon nie eers ’n oop bottel Vicks reg voor my neus ruik nie.

“Hoë koors. Ongekende nagsweet. Koue koors. Een aand vir ’n paar minute geruk soos iemand wat horries het. ’n Swaar chemiese smaak in die mond het my minstens ’n week gewalg.

“Slym in die keel en bors. Rooi knoppies het oor my hele rug uitgeslaan. Konstante duiseligheid. Lae bloeddruk. Lae energievlakke. Lae suurstofvlakke in my bloed. Oksimeter-lesing in ’n stadium 82%. Suurstofmasjien deur kontak bekom. Gebruik dit steeds vier keer per dag. My suurstofvlakke is op – meesal nou 92%-plus. Darem ook nie verdere gewigsverlies nie. 7 kg in 3 weke verloor.”

André Swiegers

Swiegers beskryf die koronavirus as ’n “toestand wat jou gees kan vernietig”.

“Nes jy dink jy voel beter, dan word die mat onder jou uitgeruk. Dis is ’n trip hel toe. Jy’s gelukkig as jy ’n ‘retoerkaartjie’ het.”

Swiegers het in 2019 ’n hartoperasie ondergaan.

“My hart self makeer niks nie,” het hy in Februarie aan Netwerk24 gesê.

“Ek vermoed swak eet- en leefgewoontes van vroeër jare het veral tot die vernouing van die linkerhartaar bygedra. Partykeer vat mens ’n dip. Die belangrikste ding is om op te staan en rigting te kry. Vorentoe.”

Sy jongste album, Pura Vida, is verlede jaar uitgereik.

Meer oor:  Musiek  |  Sanger  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.