Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Bariton George Stevens (51) skielik oorlede

Die Kaapstadse bariton en waarnemende hoof van die Universiteit van Kaapstad (UK) se operaskool, George Stevens (51), is Saterdagoggend skielik dood weens komplikasies ná ’n operasie.

Stevens was ’n student van Nellie du Toit en hy het haar begrafnis verlede week bygewoon. In een van sy laaste inskrywings op Facebook het hy haar dood betreur.

George Stevens

Volgens Stevens se broer Paul is hy Donderdagmiddag in die Kingsbury-hospitaal in Claremont opgeneem. Sy been het begin lam voel en hy is Vrydag geopereer om ’n obstruksie in ’n aar te verwyder. Hy is Saterdagoggend weens ’n bloedklont dood.

Hy word deur sy vrou, Zoë, wat van Duitsland af op pad is, sy pa, twee broers en twee susters oorleef.

Daar word Maandag om 13:00 ’n huldigingsdiens by die UK gehou. Volgens Paul beplan hulle ’n begrafnisdiens op 25 Augustus.

Stevens het hom in 1992 by Kaapstad Opera aangesluit. Sy debuutrol was Selim in Rossini se Il Turco in Italia.

Hy het in Wene en München gestudeer en was later die hoofsolis as Italiaanse bariton in Bremen, Duitsland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.