Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Bekende musiekbemarker met Covid-19 in hospitaal

Die musiekbemarker Lydia Winchester is Sondag weens ’n suurstoftekort in ’n hospitaal in Johannesburg opgeneem nadat sy positief vir Covid-19 getoets is.

Sy het Vrydag vir die toets gegaan en Saterdag gehoor sy het die virus opgedoen.

Lydia Winchester

Die sangeres Angelique Greffrath, een van die kunstenaars wat Winchester bemark, kon haar Sondag nie in die hande kry nie en het besluit om na haar huis toe te ry.

Sy het ’n sleutel van die huis en het haar met asemnood aangetref en hospitaal toe geneem.

“Daar was nie ’n ambulans beskikbaar nie, want daar is te veel Covid-19-gevalle. Dit was ’n groot risiko, maar ek kon nie anders nie. Sy het nie suurstof gehad nie. Haar suurstof was 81. Ek het twee maskers aangehad en my hande gereinig.”

Winchester se toestand word gemonitor maar sy is nie in die waakeenheid nie.

Sy is vanjaar al 37 jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en bemark kunstenaars soos Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, Anneli van Rooyen en Anton Goosen.

Sy is in die 1980’s as Boet Pretorius, medestigter van die eertydse maatskappy Decibel Musiek, se sekretaresse aangestel.

Sy is onlangs met ’n Afri-Indie-musiekprys vir haar lewenswerk vereer en het in 2018 ’n Ghoema-eerbewys vir haar lewenslange bydrae gekry.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.