Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Ben Harper kom na SA
Ben Harper kom drie konserte in Suid-Afrika aanbied.Foto: Getty Images

Die Grammy-bekroonde Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Ben Harper kom in Suid-Afrika optree.

Harper is die hoofkunstenaar op die Zakifo-musiekfees wat op 1 Junie in die botaniese tuin in Durban aangebied word, daarna tree hy op 4 Junie in die Grand Arena by die GrandWest-casino in Goodwood op voordat hy op 6 Junie in Pretoria aandoen vir ’n konsert in die Sun Arena Time Square.

Hy is bekend om sy 1994-debuut, Welcome to the Cruel World, en het daarna agt ateljee-albums uitgereik. Hy speel ’n eklektiese mengsel van blues, folk, soul, reggae en rockmusiek en is ook as meesterkitaarspeler bekend. Kaartjiepryse begin by R350 vir die konsert in Durban, R245 vir dié in Goodwood en R195 vir die in Pretoria.

Meer oor:  Musiek  |  Grammy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.