Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Beplan solank jou jaar om lekker musiek
The Cure

Daar is geen tekort aan bekende internasionale musikante wat Suid-Afrika in die volgende paar maande besoek nie. Dit behoort so ’n bietjie troos te wees vir diegene wat nie kaartjies vir Guns N' Roses se konsert op 29 November in Johannesburg kon kry nie.

* Eerste aan die beurt is die gewese lid van Westlife Brian McFadden wat reeds in November hier aandoen met sy Brian McFadden: Soul Jam-toer. Hy bring ’n orkes met nege lede saam en op die program is ouskool-soul en waarskynlik ook van Westlife se treffers.

Hy was van 1998 tot 2004 deel van Westlife en toe het hy solokunstenaar geword. Afgesien van die toer werk hy nou aan ’n album met klassieke soul-liedjies. Dit is ook in ’n groot mate ’n huldeblyk aan die soul-legende Otis Redding. Die eerste twee liedjies van die album word aan die einde van Oktober bekend gestel.

Brian Ferry

Sy eerste optrede is op 16 November in Platteland, ’n nuwe gerief vir optredes in Centurion. Hierna tree hy twee keer (17 en 18 November) in die Spier-amfiteater in Stellenbosch op.

Bespreek by webtickets.co.za. Daar is slegs 650 kaartjies beskikbaar.

* Vroeg in die nuwe jaar besoek die Britse sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer James Morrison Suid-Afrika die eerste keer. Hy tree in Kaapstad en Johannesburg op.

Sy eerste konsert is op 22 en 23 Januarie in Montecasino se Teatro om 20:00. In Kaapstad tree hy op 26 Januarie in die Kirstenbosch- botaniese tuin op. Die konsert begin om 19:00. Kaartjies vir konserte in Johannesburg kan by Computicket bespreek word en vir die een in Kaapstad by webtickets.

Verskeie musikante soos Sam Smith, Ed Sheeran, George Ezra en James Bay sê dat hy hul inspirasie was. Sy loopbaan het in 2006 begin en toe hy die volgende jaar 21 geword het, het hy die BRIT Award vir beste manskunstenaar geword. Een van sy groot treffers is “Broken Strings” saam met Nelly Furtado.

Sam Smith

Hy is nou 34 en van sy drie albums het wêreldwyd al meer as 4,5 miljoen kopieë verkoop. Hy stel aan die begin van volgende jaar nog ’n album bekend.

* In Februarie besoek Bryan Ferry Kaapstad en Pretoria. Hy is op Valentynsdag in die Grand Arena, GrandWest-casino. Die optrede in Pretoria is op 16 Februarie in die Sun Arena, Time Square. Kaartjies kan by Computicket gekoop word.

Ferry het begin as die sanger en liedjieskrywer van die groep Roxy Music voordat hy sy sololoopbaan begin het. Sy treffers sluit in “A Hard Rain’s A-Gonna Fall”, “Let’s Stick Together” en “This Is Tomorrow”. Sy gewildste album was Avalon (1982). Volgens ’n mediaverklaring gaan dit waarskynlik die laaste keer wees dat Ferry Suid-Afrika sal besoek.

* Die nuus dat Ed Sheeran kom optree, het groot opwinding veroorsaak. Die kaartjies vir 23 Maart en dié vir 27 Maart in die Kaapstad-stadion is reeds uitverkoop. Daar is nou ’n bykomende optrede is geskeduleer in FNB-stadion in Johannesburg op Sondag 24 Maart.

Hy het onlangs vier uitverkoopte optredes in Londen se Wembley-stadion gehad. In Brittanje alleen het sy konserte 1,1 miljoen kaartjies verkoop. tot op datum het hy al vyf BRIT-, vier Ivor Novello- en vier Grammypryse gewen

* The Cure word beskou as een van die grootste rockgroepe ter wêreld. Die Britse groep bestaan al 40 jaar en die voorsanger is Robert Smith. Op 16 Maart is hulle te sien op die feesterrein by Carnival City, Johannesburg, en op 21 Maart by die Kenilworth-renbaan in Kaapstad. Die twee geleenthede is die Rock on the Lawns-viering van rock. Plaaslike kunstenaars wat ook optree, is onder andere Fokofpolisiekar, Ard Matthews en Karen Zoid.

* Die Grammy-wenner Lauryn Hill het Suid-Afrika ingesluit by haar wêreldtoer wat sy volgende jaar onderneem. Sy tree op 2 Februarie in die Ticketpro Dome in Johannesburg op.

* Die kaartjies vir Sam Smith se konserte as deel van sy Thrill of It All-toer op 16 en 17 April in die Grand Arena in die GrandWest-casino is reeds uitverkoop. Daar is ’n bykomende konsert op 18 April. Hy tree op 13 en 14 April in die Ticketpro Dome in Johannesburg op.

Smith het sy eerste album In the Lonely Hour in 2014 bekend gestel. Op die album is sy groot treffer “Stay with Me”. Hy is vir ses Grammys benoem en het vier gewen, onder meer vir lied van die jaar. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.