Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Bethelsdorp-sanger stel eie werk bekend
Earl Deetlefs

Van 13-jarige ouderdom af het Earl Deetlefs, ’n kunstenaar van dié woongebied, geweet dat musiek nie net sy passie was nie, maar ook ’n ontvlugting na ’n ander wêreld bied.

Earl Deetlefs, wat tans in Kaapstad woon, het onlangs ’n EP met vyf snitte getiteld This is Me bekendgestel. Dit bevat ’n verskeidenheid van sy eie werk en verwerkings van ander kunstenaars wat hy bewonder en waarna hy graag luister.

“Ek werk sedert verlede jaar Junie aan my nuwe musiek. Dit is ’n projek wat ek al ’n geruime tyd wou doen om my talente ten toon te stel as ’n opkomende sanger en liedjieskrywer,” het Deetlefs gesê.

Die voormalige Idols SA-deelnemer het gesê dat sy liefde vir musiek by die kerk begin het toe hy op 13-jarige ouderdom ’n duet met een van sy drie susters gedoen het.

Deetlefs het ’n paar jaar gelede ’n leidende rol gespeel in die reeks Signal High op die SABC2 se Hectic Nine 9. Hoewel hy dit baie geniet om op te tree, hou hy vol dat sang sy grootste passie is. “Musiek praat as ek glad nie kan praat nie. Dit is een van die maniere waarop ek kommunikeer as ek op my laagste of selfs die beste oomblikke van my lewe is. Dit is die instrument wat ek gebruik om my vreugde, woede, kommer en baie ander dinge te wys.” – Candice Bezuidenhout

Meer oor:  Bethelsdorp  |  Musiek  |  Musikant  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.