Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Beurtkrag demp nie opwinding by ‘Afrikaans is Groot’

Konsertgangers het nie droëbek gesit by die “Afrikaans is Groot”-vertoning in GrandWest in Kaapstad toe beurtkrag skielik ingeskop het nie.

Die gehoor is egter intussen met “iets spesiaals” vermaak.

Die krag het Donderdagaand omstreeks 20:00 afgegaan, kort nadat die vertoning begin het.

Dit was die eerste van vyf AIG-konserte wat by GrandWest plaasvind.

Die gehoor het iets spesiaals gekry wat ander mense nie gesien het nie en hulle het dit geniet. Elvis Blue het ’n manier om die gehoor by sy musiek in te trek.

Hoewel die kragopwekkers ingeskop het, neem dit egter ’n rukkie vir die klankstelsels om te herlaai, sê Johan C. Venter, bemarkingshoof van Coleske Artists wat “Afrikaans is Groot” aanbied.

Gedurende die 45 minute wat dit geneem het, het die sanger Elvis Blue en saxofoonspeler Hiram Koopman ’n akoestiese vertoning gelewer.

“Die gehoor het iets spesiaals gekry wat ander mense nie gesien het nie en hulle het dit geniet. Elvis Blue het ’n manier om die gehoor by sy musiek in te trek,” sê Venter.

Hy sê niemand het die arena verlaat in hierdie tydperk nie.

“Die mense is hier om hulself te geniet. Afrikaanse gehore verstaan dat sulke dinge gebeur.”

Venter sê die atmosfeer in die arena was “meer persoonlik en intiem” en dat Barry Pretorius, een van die vervaardigers en regisseur van die konsert, vanaf die verhoog met die gehoor gesels het en Blue en Koopman bekend gestel het.

Die konsert het omstreeks 21:00 hervat toe die klankstelsels uiteindelik aan was.

“Die konsert is in volle gang. Snotkop was op die verhoog en hy weet net hoe om ’n gehoor opgewonde te maak,” sê Venter. “Ons sal nooit toelaat dat so iets (beurtkrag) ons opgewondenheid demp nie.”

Meer oor:  Afrikaans Is Groot  |  Aig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.