Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Billie Eilish vanjaar se Grammy-koningin

Dit was ’n groot aand vir die jong kunstenaar Billie Eilish (18) wat vyf beeldjies tydens die 62ste Grammy-toekenningsaand losgeslaan het.

Billie Eilish neem haar Grammy vir liedjie van die jaar met “Bad Guy” in ontvangs. Foto: Reuters

Dit sluit in die prys vir album van die jaar en liedjie van die jaar. Sy is ook as die beste nuwe kunstenaar aangewys.

Haar liedjie “Bad Guy” het groot aftrek gekry. Sy het hiermee ook die prys gewen vir beste opname van die jaar.

Haar album, When We All Fall Asleep, Where Do We Go?, is ook as beste vokale-pop-album aangewys.

Eilish het in geheel vyf pryse gewen.

Lizzo het die meeste benoemings ontvang. Foto: Reuters

Lizzo, die aanvanklike voorloper met agt benoemings, moes uiteindelik in meer as een kategorie – onder meer vir beste nuwe kunstenaar – teen Eilish die onderspit delf.

Lizzo, wat die toekenningsaand met ’n optrede geopen het, het met haar liedjie “Truth Hurts” die prys vir beste solopopvertoning gewen en haar album Cuz I Love You (Deluxe) is as die beste urban-kontemporêre album aangewys. Sy het ook met haar liedjie “Jerome” die prys vir beste tradisionele R&B-vertolking gewen.

Op die aand waar musiek in al sy fasette gevier is, is die bekende Amerikaanse basketbalspeler Koby Bryant onthou wat Sondag (Amerikaanse tyd) saam met sy dogter in ’n helikopterongeluk dood is. Lizzo het tydens haar openingsvertoning ook verklaar die aand “is vir Koby”. Vlae buite die Staples-sentrum het halfstok gehang.

Die verhoog was nooit stil nie en verskeie kunstenaars, sommige hul eerste keer, het vertonings gelewer.

Keys haar nuwe enkelsnit “Underdog” vir die eerste keer uitgevoer.

Talle het ook as ’n eerbetoon aan ander kunstenaars opgetree. Die kletsrymer Usher het onder andere hulde aan die ontslape sanger Prince gebring.

Die countrysangeres Tanya Tucker, wat haar eerste Grammy-benoeming op 13 ontvang het, het haar eerste Grammy-prys gewen.

Tucker, wat ook tydens die aand opgetree het, het beeldjies huis toe geneem vir die beste country-album met While I’m Livin’ en Brandi Carlile, wat saam met haar opgetree het, is bekroon met die beste countryliedjie, “Bring My Flowers Now”.

Die Amerikaanse aktivis en kletsrymer Nipsey Hussle, wat verlede jaar dood is, het sy eerste Grammy gewen vir die beste kletsrymoptrede met “Racks in the Middle”.

Hy is op 31 Maart op 33 in ’n skietery naby Los Angeles dood.

Hy het ook saam met John Legend en DJ Khaled met die liedjie “Higher” die beste kletsrym/sangvertolking gewen.

Die Suid-Afrikaans gebore komediant en aanbieder van The Daily Show Trevor Noah is vir beste komediealbum vir Trevor Noah: Son of Patricia benoem, maar die prys het aan Dave Chappelle gegaan vir Sticks & Stones. Noah het egter op die verhoog sy verskyning gemaak toe hy die optrede van ’n volgende kunstenaar moes aankondig.

Van die wenners is:

Opname van die jaar

“Bad Guy”, Billie Eilish

Album van die jaar

When We All Fall Asleep, Where Do We Go?, Billie Eilish

Liedjie van die jaar

“Bad Guy”, geskryf deur Billie Eilish O’Connell & Finneas O’Connell (gesing deur Billie Eilish)

Beste nuwe kunstenaar

Billie Eilish

Beste popsolo-optrede

“Truth Hurts”, Lizzo

Beste popduo/groepoptrede

“Old Town Road”, Lil Nas X met Billy Ray Cyrus

Beste tradisionele vokale-pop-album

Look Now, Elvis Costello & The Imposters

Beste vokale-pop-album

When We All Fall Asleep , Where Do We Go?, Billie Eilish

Beste country-solo-optrede

“Ride Me Back Home”, Willie Nelson

Beste komediealbum

Sticks & Stones, Dave Chappelle

Beste rockoptrede

“This Land”, Gary Clark Jr.

Beste rockliedjie

“This Land” geskryf deur Gary Clark Jr. (gesing deur Gary Clark Jr.)

Beste rockalbum

Social Cues, Cage The Elephant

Beste alternatiewe musiekalbum

Father of the Bride, Vampire Weekend

Beste R&B-optrede

“Come Home”, Anderson .Paak met André 3 000

Beste tradisionele R&B-optrede

“Jerome”, Lizzo

Beste R&B-liedjie

“Say So”, geskryf deur PJ Morton (gesing deur PJ Morton met JoJo)

Beste R&B-album

Ventura, Anderson .Paak

Beste kletsrymoptrede

“Racks in the Middle”, Nipsey Hussle met Roddy

Beste kletsrym/sangvertolking

“Higher”, DJ Khaled Featuring Nipsey Hussle & John Legend

Beste kletsrymliedjie

“A Lot”, geskryf deur Jermaine Cole, Dacoury Natche, 21 Savage & Anthony White, songwriters (uitgevoer deur 21 Savage met J. Cole)

Beste kletsrymalbum

Igor, Tyler, the Creator

Beste countryliedjie

“Bring My Flowers Now”, Brandi Carlile

Beste country-album

While I’m Livin’, Tanya Tucker

Beste country-duo-optrede

“Speechless” deur Dan + Shay.

Meer oor:  Billie Eilish
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.