Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Binnekort in tuig as senior dosent by OSM

’n Doktor met ’n uiteenlopende agtergrond in musiekopvoeding en wat onder meer in Finland studeer het, sluit hom in April as senior dosent by die Odeion Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein aan.

Dr. A.D. Sonkanise ka Nkosi

Hy sal oorneem by Gerda Pretorius, koördineerder van musiekopvoedkunde en -praktyk, wat aftree.

Dr. A.D. Sonkanise ka Nkosi, wat aan die departement van kinderopvoeding by die Universiteit van Johannesburg verbonde is, het die afgelope 12 jaar verskeie poste in die onderwysveld beklee.

Sy studie het met ’n BMusHons (uitvoerend) aan die Universiteit van Pretoria (UP) begin waarna hy na die Noordwes-Universiteit is vir ’n BA-graad in musiek en gemeenskapsmusiek. Dit het hy in 2006 verwerf.

Vir die volgende stap in sy leerkurwe is hy na die Jyväskylä University of Applied Sciences in Finland waar hy in 2008 ’n nagraadse diploma in orkes- en koordirigeerkuns voltooi het.

In 2009 het hy teruggekeer na die UP, eers vir ’n meestersgraad in musiekopvoeding en toe ’n PhD in toegepaste etnomusikologie wat hy in 2014 behaal het.

Steeds was hy nie klaar gestudeer nie en in 2017 het hy ’n meestersgraad in beleid en kunstebestuur aan die Wits School of the Arts behaal.

Nkosi het aan Marius Coetzee, innovasie- en ontwikkelingsbestuurder by die OSM, gesê hy fokus in sy navorsing hoofsaaklik op inheemse Afrika-musiekkuns, musiekopvoeding op skool, die opleiding van onderwysers en die kulturele en kreatiewe praktyk.

Die poste wat Nkosi oor 12 jaar in musiekopvoeding beklee het, sluit in dié as onderwyser, dosent in Afrikamusiek en in kunste-opvoeding.

Hy was ook al direkteur van ’n kultuursentrum, ’n opvoedkundebeampte en kunste- en geleentheidsbestuurder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.