Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Binnelanders’-ster se debuutalbum
Ramey Short

Die uitdagings wat die akteur Ramey Short sterker gemaak het, het hom laat besluit op die titel van sy debuutalbum, Kannie breek, wat onlangs uitgereik is.

“Ek het gedink oor my verlede en die kere wat ek ontmoedig is om sekere belangstellings uit te leef,” sê Short, bekend om sy rol as dr. Quinton Meyer in die kykNET-sepie Binnelanders.

“Elke keer as mense my afgekraak het … jy vang ’n dip, maar jy as daaruit kom, is jy sterker. Alles in my lewe. Die kinderhuis, alles.”

Short (39), wat in Johannesburg woon, se liefde vir musiek het reeds posgevat in die kinderhuis in Durbanville, noord van Kaapstad, waar hy grootgeword het.

“Ek is gevorm deur my verlede. Baie mense kan breek, maar ek kies om nie te breek nie. Daarom vereenselwig ek my baie met die titel, wat ook een van die snitte op die album is.”

Hy was van jongs af lief vir musiek en toneelspel.

“Op laerskool wou ek altyd musiek gedoen het. Mense het egter vir my gesê ek moet dit eerder nie doen nie, ek sal nie goed wees nie.”

Hy het op skool goed gevaar in sport en hy het ingeskryf vir ’n kursus in sport en bemarking aan die Universiteit Stellenbosch.

In die eerste semester se eksamen van sy eerste jaar het ’n talentsoeker uit Los Angeles in die VSA hom genader met ’n aanbod om in die buiteland te studeer.

Daar het sy loopbaan in die kunste begin.

‘Kan nie breek’, die akteur Ramey Short se debuutalbum.

“Ek ’n paar projekte daar gedoen en in 2006 na Suid-Afrika teruggekeer. Einde 2007 het ek oudisies vir 7de Laan, Egoli en Binnelanders afgelê en al drie rolle gekry. Ek moes kies.”

Hy het in 2014 by Binnelanders klaargemaak en vroeg in 2015 Kaap toe verhuis, maar hy het later ’n rol in die kykNET-sepie Getroud met rugby losgeslaan.

In die tyd wat hy in die Kaap gewoon het, het sy ’n stemafrigter gekry wat weer sy musiekbelangstelling geprikkel het.

“Ek is in 2017 gevra of ek weer in Binnelanders wil verskyn.”

Sedertien is hy nog steeds in die sepie te sien.

Op skool was hy lief vir sangers musieksterre soos Bryan Adams, Bon Jovi, Def Leppard.

Die sanger Jakkie Louw se oom en tannie het Short onder hul vlerk geneem.

“Jakkie is my nefie, hoewel ons nie bloedverwant is nie. Maar sy nefies se ouers het my in hul plaashuis geneem.”

Short het homself met VHS-video’s opgeneem waarop hy musiek maak.

“Die familie het elke Desember en Junie wildtuin toe gegaan. Ek het altyd gedink ek vat nou ’n ou video.

En op ’n dag wou die familie na een van hul wildtuin-video’s kyk. Hulle het nog so na ’n leeu gekyk, toe verskyn ek skielik. Toe het ek oor hul Wildtuin video ge-tape …”

Die opname in die musiekateljee was vir Short vreesaanjaend.

“Ek ken net vir Jakkie in die musiekbedryf. Hy het my altyd raad gegee – met iets wat ek opneem, die soort klank, hy kon my altyd in ’n rigting wys.”

Rian Swanepoel het die album vervaardig.

Short moes dit tussendeur opnames by Binnelanders opneem.

“Rian was baie tegemoetkomend. Soms het ons ná ure gewerk. Dan werk ons twee, drie ure, waarin ons vocals doen. En daarna moes ek nog my woorde vir die volgende dag (by Binnelanders) leer.”

Dit was wel die moeite werd.

“Dit is ’n droom wat jy altyd gedink nooit sal gebeur nie en nou hou ek my jou eie album in my hande.”

Short vertel met sy musiek ook stories.

“Rian het al ’n paar keer vir my gesê hy is mal oor die manier waarop ek die klem laat val op sekere goed in die liedjies. En ek dink dit kom van storievertel as jy toneelspeel. Jy weet hoe om ’n storie te vertel.

“Emosie en gevoel – jy vertel ’n storie. ’n Mens kan dan kan mense connect. Ek verbeel my die dinge wanneer ek sing. Rian kon dit aanvoel. Daar is iets daaragter.”

Meer oor:  Kyknet  |  Ramey Short  |  Jakkie Louw  |  Binnelanders  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.