Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Blasers blink by saxofoonfees
Liam Burden (links) en Matthew Lombard.

’n Hoogtepunt van die vyfde Suid-Afrikaanse Nasionale Saxofoonsimposium in Stellenbosch is die konsert met die besoekende Belgiese dirigent Rik Ghesquière.

Dié trompetspeler in die Brusselse Filharmoniese Orkes en dirigent van die Brusselse Filharmoniese Jeugorkes sal die Universiteit Stellenbosch (US) se Simfoniese Blaasorkes lei met onder meer twee opdragwerke en ’n concerto vir twee saxofone.

Die konsert begin met “Fanfare” gevolg deur die opdragwerk “Let the Good Times Roll”, albei gekomponeer deur Michael Blake, ’n ereprofessor in komposisie by die Africa Open-instituut.

William Haubrich, koperblaashoof by die Musiekkollege van die Universiteit van Kaapstad, het die tweede opdragwerk gelewer, “Afrika-jeugsuite, vir solo-saxofoon en blaasorkes.

Hierna volg “Dark Rain”, die Britse komponis en saxofoonspeler Andy Scott se komposisie vir twee saxofone, wat verskeie musiekstyle bevat, insluitend klassiek, jazz en avant-garde. Matthew Lombard en Liam Burden is die soliste. Lombard het onlangs sy doktorale studies by die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, voltooi en Burden is die dirigent en hoof van die blaasafdeling by die Hugo Lambrechts-musieksentrum. Hy is ook ’n saxofoondosent in die musiekdepartement aan die US.

Ghesquère sal ook die Windworx- Simfoniese Blaas-ensemble dirigeer ter afsluiting van die konsert en die simposium.

  • 31 Augustus om 15:00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Die kaartjies kos R60 en R40 (studente en pensioenarisse) by Computicket en die deur.
Meer oor:  Musiek  |  Saxofoon  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.