Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Blinde musikant herinner ons aan bome en water

Die Suid-Afrikaanse sanger Steve Kekana het onlangs ’n lied om die bewusmaking van waterskaarste uitgereik.

“Keep Our World Alive” is ter viering van boomplantweek (die eerste week in September) uitgereik en kom uit die pen van die internasionaal bekende komponis Terry Dempsey wat in Suid-Afrika gebore is en vroeër vanjaar in ’n fratsongeluk by die Vaaldam dood is toe ’n girokopter se lem hom getref het.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/terry-dempsey-was-n-kosbare-man-se-dogter-20190211

Steve Kekana Foto: Noko Mashilo

“Ons was baie lank vriende,” sê Kekana, onder meer bekend om die lied “Feel So Strong” wat hy saam met die sangeres PJ Powers opgeneem het.

“Hy het met my gepraat oor ’n lied waaraan hy geskryf het. Dit het nie noodwendig oor die bewaring van water gegaan nie, maar dit stel ten doel om mense bewus te maak van hoe belangrik dit is om water te spaar. Water is ’n skaars kommoditeit, veral in Suid-Afrika. Boomplantweek gaan uiteraard oor bome, maar sonder water sal daar ook nie bome wees nie.”

Die opname van die liedjie sowel as die musiekvideo is voor Dempsey se dood voltooi.

Die lirieke wat volgens Kekana in die liedjie uitstaan, lui: “Now the time has come to find our way together with our children we can make miracles.”

Dempsey se kerfstok bestaan onder meer uit “Daydreamer”, ’n groot treffer vir die Amerikaanse sanger David Cassidy en “Love Is a Beautiful Song” wat deur Dave Mills opgeneem is en die eerste plek op treffersparades in Kanada, Suid-Afrika en Kanada behaal het.

“Ek voel baie geëerd dat iemand soos Terry aan my gedink het en gereken het dat ek die lied reg sal vertolk.”

Kekana het in 2018 ’n Sama-eerbewys vir sy lewenslange bydrae ontvang. Hy het in Limpopo grootgeword en woon steeds daar. Hy het as kind sy sig verloor en aan ’n skool vir blindes in Polokwane onderrig ontvang. In 1979 en 1980 het hy die SAUK se Black Music-prys ontvang. Sy lied “Raising my Family” was ’n groot treffer in Europa.

Meer oor:  Pj Powers  |  Musiekvideo  |  Musiek  |  Waterskaarste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.