Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Blomerus stel sy album ‘Kartelkring’ bekend

Die woorde van die digter Francis Grobler inspireer vir Jaco Blomerus tot musiek. Toe haar jongste bundel Aard verlede jaar verskyn het, het ’n CD daarmee saam gekom met die toonsettings deur die sangers Wynand en Chereé Strydom en Blomerus.

Hy het nou sy liedjies op hul eie in die Kartelkring-album verpak. Op 30 Mei kan daar in die Drostdy-teater in Stellenbosch gehoor word hoe dié toonsettings in lewende lywe klink.

Jaco Blomerus

Hy vertel dat hy reeds ’n paar jaar gelede die gedigte getoonset het, maar sy mediese studies het hom tot vanjaar van die verhoog af gehou. Nou kan hy egter in alle erns aan die album begin bemark.

Vir die konsert in Stellenbosch het hy ’n formidabele span musikante wat hom gaan bystaan. Hyself sing en speel klavier en dan is daar Petrus de Beer (viool), Emile de Roubaix (altviool), Anjulie Nock (tjello), Hilandi du Toit (kitaar), Shaun Johannes (baskitaar) en Barry van Zyl (tromme).

Clinton Zerf het gehelp met die verwerkings en Blomerus is in sy skik met die volronde klank wat die toonsettings nou het.

Dis nie sy eerste keer op die verhoog nie. In 2008 het hy ’n program met toonsettings van Antjie Krog se gedigte op die planke gebring. Sonder begeleiding – Jaco Blomerus sing Antjie Krog se eerste gedigte, het by die Absa KKNK debuteer en baie goeie reaksie uitgelok.

“Dit was moeilik om Krog se woorde te toonset. Dit was om die waarheid te sê ’n uitdaging. Wanneer ek toonsettings doen, kyk ek na wat die woorde sê, wat die boodskap is en dan werk ek van daar af.”

Hy meen Grobler se poësie is toeganklik en al vertel sy haar ondervindinge, kan enige mens daarby aansluiting vind.

Hy het jare gelede sy eie lirieke probeer skryf, maar hy was nog nie reg daarvoor nie.

“Ek is nou ouer en het meer lewenservaring. Dalk sal ek nou weer probeer.”

Hy het op Sutherland grootgeword en klavier en sanglesse geneem. Nou werk hy by ’n militêre siekeboeg naby Eersterivier.

Hy dink nie daaraan om sommer sy loopbaan as dokter kort te knip nie.

“Ek is gelukkig dat ek kan werk en dan my stokperdjie na ure kan beoefen.

* Om te bespreek vir die optrede in die Drostdy-teater, kontak Lionel by info@drostdyteater.co.za of by 087 943 2459.

Daar is reeds ’n video van “Saartjie”, een van die liedjies, op YouTube te sien.

Meer oor:  Antjie Krog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.